Kuier

Bold and the Beautiful DAYS OF OUR LIVES

-

weekdae, sabc3 om 18:00

Wyatt voel sy kans om naam vir homself by Spencer Publicatio­ns te maak, is verby. Hope erken sy kom nie meer so lekker met Brooke oor die weg wanneer Bill teenwoordi­g is nie. Bill en Brooke beraam ’n plan om hul gebroke familiever­houdings te herstel. Maya is geskok wanneer Carter sy hart teenoor haar uitstort en haar vra om te trou en Rick wend een laaste poging aan om Maya terug te wen. Liam sukkel om sy jaloesie te onderdruk terwyl Hope en Wyatt saamwerk. Quinn besoek die Forrester-herehuis vir ’n vergaderin­g met Eric om te verseker hul maatskappy­e werk goed saam. Wyatt probeer vrede maak met Liam en die spanning tussen die Spencer-broers groei. Wyatt konfrontee­r vir Hope en Quinn besoek Eric om vir haar gedrag van die vorige aand om verskoning te vra.

DIE LEWE NÁ BOLD

Susan Flannery (75) het onlangs haar rol van 25 jaar as Stephanie Forrester vaarwel geroep, maar die aktrise kyk glad nie terug nie. Sy geniet haar aftrede en doen al die dinge waarby sy nog nooit kon uitkom nie – soos om met al haar vriende te kuier. Sy sê sy het ’n paar jaar tevore die idee gekry om klaar te maak met haar sepieloopb­aan toe die produksies­kedule verander het. *Omnibus, Saterdae, SABC3, 12:30

weekdae, sabc3 om 17:00

lexie oorreed Abe om homself weer as burgemeest­er verkiesbaa­r te stel en Jennifer help Sami om vir haar werksonder­houd voor te berei. Intussen baklei Vivian met Abe oor haar seun wat vals beskuldig word. Gus neem Nicole gyselaar en Vivian is verras wanneer haar ou lyfwag, Ivan, in Salem opdaag! Chloe word betaal om Gus as haar aanvaller uit te wys en Ivan vra Vivian om saam met hom te kom – hy is nou skatryk en ’n Bollywood-regisseur. Quinn en Taylor besluit om saam te gaan. Bo en Hope dink aan Alice en Tom en later sluit Maggie, Jennifer, Julie en Doug by hulle aan. Hulle herleef gelukkige oomblikke uit die verlede terwyl hulle voorberei vir die inwyding van die Horton-stadsplein. Jack is terug in Salem en spioeneer op Jennifer en Abby. Bo en Hope het verrassing­sgaste: John en Marlena!

KYK WIE’S TERUG!

Jy durf nie ’n oomblik mis nie, want John (Drake Hogestyn) en Marlena (Deidre Hall) is terug in Salem! Jip, Days se goue paartjie is terug en Marlena vertel vir almal dat John – in ’n rolstoel – beter is, hoewel hy steeds terapie ondergaan. Daar wag sommer gou groot drama op die twee en dit sluit in korrupsie, misdaad en hope ander donker dinge. Al waaroor ons bly is, is dat die sepie-superpaart­jie weer terug is! *Omnibus, Sondae, SABC3, 23:30

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa