Kuier

Generation­s

-

weekdae, sabc1 om 20:00

oe, die drama! Soos jy nou hier lees, bestaan daar nie ’n enkele episode ná die einde van die maand nie weens die staking en die skielike afdanking van die akteurs. Niks is verder verfilm nie en niemand weet nog of Generation­s dadelik gaan aangaan of eers ’n breek gaan vat nie. Maar ons vertel julle meer in die volgende uitgawe. In die komende episodes besef Dineo sy bly saam met ’n mal man. Nolunthu vertel Khethiwe van haar gevoelens en Patrick wonder of Ngamla se beskuldigi­ngs waar is. Jason en Senzo word gevang. Zodwa dreig Ester met ’n mes en Mawande vra Priska vir hulp. Hlomla beloof om vir eens en vir altyd met die valse profete af te reken. Pokane maak ’n skok-ontdekking in die ontvoering­saak.

VERLOF . . . toe AFGEDANK

Die arme Thato Molamu, wat Nicholas Nomvete speel, was met verlof tuis – nes die swanger Katlego Danke – toe hulle en 14 ander Generation­s- akteurs afgedank is. Of die akteurs ooit sal terugkeer, het ons teen druktyd nog nie geweet nie. Die meeste soek reeds ander werk, soos Thato wat nou die aanbieder is van SABC2 se What’s Behind the Wall? *Omnibus, Saterdae, SABC1, 10:00

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa