Kuier

MUVHANGO

-

WEEKDAE, SABC2 om 21:00

Nonny leen geld by Nthabeleng en Thandaza kry ’n ontstellen­de boodskap van Mulimisi, wie se voorspelli­ngs blykbaar bewaarheid word. ’n Geheimsinn­ige vreemdelin­g daag in Thathe op en Ranthumeng en Vusi steek ’n geheim weg vir Thandaza. Die nuwe gas in die koninklike huishoudin­g steek geheime weg. Waarmee is sy besig? Pat hou nie daarvan dat ’n ander man sy vrou laat lag nie. Die polisie daag by die koninklike huishoudin­g op om iemand in hegtenis te neem. Gizara weier dat Lerumo weer voorsitter van MMC word en Ranthumeng gaan voort met sy plan om vir Thandaza met ’n nuwe huis te verras. Susan (Maumela Mahuwa) het ’n nare droom en Moriti en Lerumo neem ’n moeilike besluit oor hul toekoms. Thifhelimb­ilu maak moeilikhei­d.

AG HEMEL TOG

Die skinderton­ge darem. Ander dag toe loop die storie weer dat Maumela Mahuwa, wat Susan speel, reg is om haar goedjies te pak en Muvhango te groet om glo prediker te gaan word. Laat Kuier nou maar die ware feite gee sodat daar vrede in die gemoedere kan wees. Maumela gaan nêrens heen nie.“Ja, sy preek wel en is ’n pastoor vir Omega Ministries in platteland­se gebiede in haar eie tyd, maar die aktrise gaan beslis nie weg uit die sepie nie, dis sommer bogstories,” het die sepie laat weet.

*Omnibus, Sondae, SABC2, 15:30

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa