Kuier

7de laan

-

WEEKDAE, SABC2, 18:30

Is ’n egskeiding die uiteinde vir Oubaas en Hilda? Die ware feite kom uit oor Emma en Marko se vakansie en Paula se jaloesie maak groot moeilikhei­d tussen haar en Altus (Heino Schmidtt). Bernard en Danelle wend ’n desperate poging aan om Hilda en Oubaas se huwelik te red en Emma en Marko neem ’n groot besluit oor hul toekoms. Saam met wie gaan Nadia matriekafs­keid toe? Zander ontdek ’n geheim wat die Meintjiesf­amilie uitmekaar kan skeur. Kristin laat niks in haar pad staan om Altus te beïndruk nie. Gita beraam alweer nuwe planne en Vanessa het moontlik iets groots ontdek. Nadia se toekoms lyk donker en Herman en Dewald praat uit die hart uit. Vanessa voer onderhoude vir assistente vir Eclectic E.

OPPAS, ALTIE!

Arme Altie beter keer vir sy wickets! Almal dink Paula is weer so oordramati­es en jaloers, maar daardie verleideli­ke Kristin is ’n regte geitjie. Sy wil haar naels sommer diep in Altus inslaan, al weet sy hy het ’n ring aan die vinger. In die regte lewe was Heino eintlik ’n model en Altus is sy eerste TV-rol. Hy is getroud met BeauAnn en hulle het mekaar in 2003 ontmoet toe hulle albei modelwerk gedoen het.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa