Kuier

SCANDAL!

-

WEEKDAE, E.TV om 19:30

’NDood word gesien as ’n voorspooks­el vir iemand wat reeds bekommerd is oor die toekoms. Gloria besluit om vir Maletsatsi te help … met onverwagte gevolge. Anzani (Fulu Mugovhani) se geheim druk haar tot breekpunt en sy maak ’n lewensvera­nderende besluit. Scelo hoor skoknuus ná die matriekafs­keid. Gloria se loopbaanpa­d neem ’n onverwagte wending en die polisie maak ’n inhegtenis­name wat lelik skeef loop. ’n Leuen in die hof het verwoesten­de nagevolge vir twee mense wat vir mekaar lief is. Kila jok vir iemand wat moontlik sy seun skade kan aandoen. Gloria besef sy is gedwarsboo­m, maar kry nuwe hoop. Lerumo, Kila en Scela stuur almal briewe wat hul lewens vir altyd kan verander. Maletsatsi kry slegte nuus terwyl Lerumo en Anzani ’n toekoms in die gesig staar wat hulle nie wou gehad het nie.

FULU VIND HAAR VOETE

Fulu Mugovhani, wat presies ’n jaar gelede by die sepie as die borrelende fotojoerna­lis Anzani aangesluit het, vind nog haar voete, maar is baie dankbaar vir die sepierol. Voor Scandal! het sy Nala in die The Lion King- musiekblys­pel in Hongkong gespeel en was ook in die minireeks Remix op DStv se Mzansi Magic. *Omnibus, Saterdae, E.TV, 09:30

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa