Kuier

Rhythm city

-

WEEKDAE, e.tv om 18:30

Miles, Lucilla en S’bu se geheim oor wie regtig vir Lesedi vermoor het, rus swaar op hul gemoedere. Suffo wil hê Niki (Nolo Phiri) moet ’n groter rol in die klub speel, maar Fats wil niks daarvan hoor nie. Lucilla probeer vir Thandi oorreed om nie die storie oor Miles, Buhle en Lesedi te publiseer nie. Niki probeer Suffocate oorreed om Fats te laat voel asof hy belangrik is. Miles maak sy opvolger bekend en Niki voel sleg dat Fats besluit het om sy goed te pak. Gail begin Big Man se begrafnis beplan en Niki vra Suffocate om Fats se werk vir hom terug te gee. Lucilla vind uit dat S’bu haar geheim ken. S’bu ontmoet in die geheim met die polisie en sê sy pa is onskuldig.

BESIGE MAMMA

Nolo Phiri wat in Mei verlede jaar vir die eerste keer ma geword het, is bedrywig. Sy is ’n aktrise en ma, maar doen baie werk agter die skerms en het al hope musiekvide­o’s vir sterre soos Mandoza en Psyfo en ook dokumentêr­e programme gemaak. Sy sê dis nie aldag maklik om alles te balanseer nie, maar “gelukkig het ek die ondersteun­ing van my metgesel, vriende, familie en kollegas by Rhythm City”.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa