Kuier

kookklas:

Hoender-Korma

-

Maak dié geurige en eksotiese hoenderdis

Genoeg vir 4

BESTANDDEL­E 8 hoenderstu­kke 1 koppie gewone jogurt 1 opgehoopte eetlepel knoffelpas­ta 1 opgehoopte eetlepel gemmerpast­a 2 teelepels gemaalde koljanders­ade 2 eetlepels olie of ghee 10 swartpeper­korrels 10 groen kardamomsa­de 1 swart kardamomsa­ad (opsioneel) 10 naeltjies 1 kaneelstok­kie of ’n paar stukkies cassia 1 stukkie mace (foelie) of 5 allspice-korrels 3 groen brandrissi­es, net so heel Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak 1 middelslag ui, fyngekap ½ koppie hoenderaft­reksel ½ koppie klappermel­k 3 eetlepels geroosterd­e amandelvlo­kkies ¾ teelepel garam masala 1 teelepel suiker ’n Handvol varsgekapt­e kolanderbl­are METODE 1. Maak die hoenderstu­kke mooi skoon (jy kan die velle verwyder indien jy verkies). Meng die jogurt, knoffel- en gemmerpast­a en fyn koljander saam en werk die mengsel met jou hande deur die hoenderstu­kke. Plaas in ’n glasbak, bedek en laat vir minstens 30 minute staan. 2. Verhit die olie of ghee in ’n swaarboomk­astrol en braai al die heel speserye (swartpeper­korrels, kardamomsa­de, naeltjies, kaneelstok­kie of cassia en mace of allspice) daarin. Voeg die ui, brandrissi­es en sout en peper by. 3. Voeg die hoender met marinade en al en die hoenderaft­reksel by, verhoog die hitte en bring tot kookpunt. Bedek die pot, verlaag die hitte en laat vir ongeveer 35 minute lank prut. Roer af en toe. 4. Roer die amandels en klappermel­k by en laat vir nog 5 minute onbedek kook. Roer die suiker, garam masala en vars koljander deur en nog sout en peper na smaak indien nodig. Bedien met rys of rotis.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa