wat die hart van vol is
Sy verlang erg terug na die sestigs. Dit was die dae van skoon liedjies en skoongesig-sangers. Maar van moderne rap wil sy niks weet nie.
“As jy ’n klok is, lui! as jy ’n atleet is, hardloop!” My musiekmal pa en sy ewige lesse van die tonic solfa het gesorg dat ek ten minste ’n musieknoot kan hou, want vinnig kan ek nie hardloop nie en ’n klok was ek nog nooit. Terwyl ek op vyf jaar tussen sy knieë gehang het, moes ek die doh’s en die soh’s nasing. kitaardag het moppie-singtyd beteken. Pa was immers ’n kapenaar wat op sy dag banjo vir ’n klopsegroep gespeel het.
In sub a het juffrou evelyn my toevallig “ontdek”. sy’t pouses gesorg vir die gehoor. ek moes gewilde tranetrekkers uit die Paul & Paula- reeks vanaf haar klaskamertafel sing. Betaling was ’n silwer tiekie vir elke solo – my paspoort tot binne-in tant alie se tameletjie- en tant kate se klapperysblik!
Wanneer die waansin van sekere musiek en lirieke my gebeentes binnedring, wil ek berg-op vlug. ek forseer dan my onthou terug na my gunsteling-sangers, sandy shaw en Connie francis. Dit was die dae van skoon liedjies en skoongesig-sangers soos Barry Manilow.
Televisie was nog ’n vae droom in die sestigs. Musiekvermaak was die sideboard wireless. Die Phillips het op vier dun pootjies in die voorkamer gestaan; radio in die een hoek en ma se enigste dinner service in die ander hoekgedeelte. ek het middae ná skool onder die radio ingekruip en my elfjarige siel pap gehuil oor dinge wat net ’n ander hormoonbeneukte tiener sou verstaan het. Met elke treurige noot van skeeter Davis se“end of the world” het daar ’n ekstra brander oor my hartseer gebreek, is ekstra drif in my snikke gesit.
Tydens matinee op ’n Woensdag of saterdag is ek verder betower deur die peanut butter-en-heuning-stemme van Paul anka en Bobby Darin. Ma het my een aand voor die spieël betrap waar ek besig was om ’n denkbeeldige elvis te soen. ek’t my paraplegies geskrik toe sy in die kamer verskyn.“ai, ai, ai, dié wat djulle so ougat voor’ie tyd is!”Maar dieselfde ma het later die aand eerste met die applous begin toe ek en pa die Nat king Cole-liedjie“Too young”agter in die jaart gesing het.
Ons eerste portable gramophone is op die boek gekoop by Mister Bowen. Die speakers was in die deksel ingebou. Jy kon die affêre toeknip en soos ’n tas ronddra. as bonus kry ons ’n gratis eksemplaar van die nuutste LP van Creedence Clearwater revival ter waarde van r2!
Die gram en die naald is saggies en teer behandel. elke plaat is voor speel met ’n spirituslappie afgevee. Breek die naald oor die naweek, was dit neusie verby. Bowen’s Music salon sou eers weer Maandagoggend oopmaak!
Dit was die dae van huisdanse. Met elke blues is die voorkamer se lig afgesit. Die swymel-liedjies van Barry White en Cliff richard het só dig opmekaar gevolg dat ma begin kerm het:“Die neighbours dink nettouma djulle pa hettie lêktriek pitaal’ie.”
Pa en sy troebadoer-tjommies het graag lirieke van bekende liedjies verdraai tot verkneukeling van hulself, maar tot groot ergernis van veral my ma.“ramona, I hear the mission bells above”was ’n gunsteling, met die koddige selfgemaakte lirieke: “ramona, my hele maand se pay is djoune!”of“ramona, djou binneboud lyk net soos myne!”en wanneer ons dit giggelend saamgesing het, het ma se oë blou geflits soos ’n poliesvên.
Later was ons sélf skuldig aan mondegreens (om bekende gesegdes of lirieke verkeerd te hoor). anders as pa-hulle wat vermaak-aspris was, het ons nie reg geluister nie of dalk is die lirieke maar net nie reg verstaan nie. Creedence Clearwater revival se“. . . there’s a bad moon on the rise”het weerklink as“. . . there’s a bathroom on the right”. elvis het gesing: “return to sender, address unknown”. vir ons was dit“return to sender, that dress I know!”
en toe gebeur rap! sangers met skewe pette, hangbroeke en woorde wat teen honderd myl per uur by hul monde uittuimel. Pa het nog gelewe toe dié nuwe tendens vlamgevat het en sy gereelde lamentasie was:“Utter sh*t!”(en daai woordjie was nié shirt nie).
Ja-nee, Pa! ek bly maar ’n sestigs-dolla, al betaal sony records my ’n sak vól van juffrou evelyn se tiekies vir elke rap solo! Hoe soen ’n mens in elk geval op só ’n beat?