Kuier

Facebook

-

Geluk met jul vyfde verjaardag, Kuierspan. Julle het deel van my inkopielys en huishoudin­g geword. Hoop ons gaan sommer lekker saam oud raak, want dis te lekker om nagskof met my Kuier te gaan werk. My beste maatjie ooit! roma bailey

Baie geluk aan die Voorbladst­er-kompetisie­wenners Heidi Buys en Marlene Adams (Hier’s onswenners,10Septembe­r 2014). Julle is ’n inspirasie vir so baie vroue daarbuite. Geniet dit. Gizelle Friselaar

Baie skaam nou! Kom by Pick n Pay en die laaste Kuier is op die rak. ’n Blanke vrou raap dit voor my op en ek is toe baie vies, want die Kuier is vir ons coloureds. Ek’s toe onmiddelli­k spyt, want Kuier is vir alle rasse. anika kayser

Kuier is my gunsteling-boek, naas my Bybel. Ek is so bly ek is ’n intekenaar en ek neem my tyd om elke stukkie deeglik en met lekkerte te lees. Ek is mal oor die resepte en wenke. amelia Hamman

Dit is aangenaam om ’n intekenaar van Kuier te wees. Geen gehaas en stres om die tydskrif in ’n winkel te koop nie. By die tyd dat ander mense hul tydskrif koop, is myne al klaar gelees. Jul diens is puik en ek het nog nooit ’n probleem ervaar nie. evelyn sauls

Het sopas die nuwe Kuier gekoop ( 10Septembe­r2014). Die voorblad lyk alte pragtig! avril Debbie alexanDer

Ek lees nou net Tanita da Silva se Wat Die Hart Van Vol Is (10 September2­014) en ek vereenselw­igselwig my met haar en haar storie. Ek voel dieselfde wanneer ek ander se stories oor kanker lees. Dan herleef ek die verlies van my moeder. Elke keer voel dit soos gister. Die seer wat van diep binne kom. En so groot soos ek hier is (31), voel ek nog steeds soos ’n orphan. CHarlene van Der merwe-JosepHs

So trots om my niggie Marlene Adams op die voorblad van Kuier te sien!! Kan nie wag om die episode van 7de Laan te sien wanneer sy en Heidi daarin sal verskyn nie! marilyn JoHannes

Wow! Baie geluk Heidi en Marlene. Ek wou gehad het julle moet wen. Marlene, jy is ’n ware vriendin om so by Heidi deur al die moeilike tye te staan. God seën julle. Desiree levenDal

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa