Kuier

HALLO KUIER-MENSE

-

Dit was ’n groot voorreg om aan hierdie Erfenis-uitgawe te kon werk. Vir my het dit geleer ons het soveel meer om aan die wêreld en mekaar te gee as koesisters en biltong. Nie dat laasgenoem­de nie baie lekker, spesiaal en uniek Suid-Afrikaans is nie, maar die stories in hierdie uitgawe het my herinner aan die ongeloofli­ke gees wat ons deel. Ons bly positief ondanks al die uitdagings wat oor ons pad kom en kyk net hoe glimlag almal wyl hulle vertel waardeur hulle al alles is en hoe God hulle daardeur gedra het. Julle maak my werklik Trots Suid-Afrikaans. Ek dink dis ook hoekom hierdie tydskrif so ’n spesiale plek in my hart het. Dis werklik uniek en vertel gewone mense se suksesstor­ies op ’n manier wat niemand probeer beïndruk nie. En as jy nou lekker Afrikaans soek, lees gerus Wat die hart van vol is! Ek moes ook glad nie van die kos begin praat het nie, want julle weet niemand doen resepte soos ons nie! Ja, ek spog onbeskaamd, want ek is ongeloofli­k trots op ons kosredakte­ur, Karen Hart, en al ons huiskokke, want hulle bring alles wat uniek en lekker is van die Suid-Afrikaanse kookkuns vir die tydskrif. Hulle is trots op wat hulle doen en weet hulle hoef nie vir enige glanstydsk­if terug te staan wat smaak betref net omdat hulle nie peperduur bestanddel­e of Franse (Griekse, Indiese of enige ander land se) kookkuns beoefen nie. Hulle wil nie vir julle of die kompetisie beïndruk nie. Die grootste kompliment wat julle hulle gee, is wanneer julle een van hul resepte uitgetoets het en vir ons laat weet hoe lekker, maklik en goedkoop dit was! Tot volgende keer,

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa