Kuier

SMS'e

-

Ek lees nog nie lank die Kuier nie, maar kan nie wag vir die volgende uitgawe nie. Die resepte, ek is mal daaroor. Alles het ’n mens in die huis, so jy kan net begin bak. Dankie! maGDa Du preez, boksburG

Ek het by ’n vriend se huis vir die eerste keer Kuier gelees. Die inhoud was asemrowend en nou kan ek nie stop nie. Ek’s amptelik deel van die Kuier- leserskrin­g. Baie dankie. vernon rossouw, salDanHa

Sedert ek uit nuuskierig­heid Kuier in ’n dokter se wagkamer opgetel en gelees het, het ons elke uitgawe gekoop. Wonderlike leesstof sonder enige aansteller­igheid en lekker blokraaise­ls. Doen so voort. Dion sCHeepers, port elizabetH

Ai, en toe vat ek die Kuier in plaas van die Keur. Maar ek glo dit moes so gebeur het, want ek lees van die kindjie wat se voetjies afgesit is en my trane loop (Staannogst­erk,27Augustus 2014). Ek bid vir haar en haar familie vir krag en sterkte. Daar is baie seer in die wêreld, maar sy

leef. Wat ’n wonderwerk. Dankie Kuier, doen so voort. sandra snyman,tarlton

Baie teleurgest­eld dat julle die TV-programme uitlaat. Sit eerder die prys dan op, want nou moet ons ’n ander tydskrif bykoop wat dit wel inhet. marjory steyn, mosselbaai

Ai, hoe geniet ek die tydskrif met alles wat daarin is. Dis voorwaar ’n riem onder die hart. Elke storie in die Kuier het ’n boodskap en ons as mense kan dit voorwaar toepas op ons lewens. En wat so lekker is, is die feit dat sy nou ’n maatjie gekry het in mine! Great man! debbie buchanan, goodwood

Ek lees nie gewoonlik tydskrifte nie, net Christelik­e boeke, maar ek geniet regtig die Kuier. My Afrikaans nie so goed nie, so ek vat ’n bietjie lank om die artikels te lees, maar ek geniet die mine! ook nou. Ek is mal oor die resepte in albei tydskrifte. Mag die span van krag tot krag gaan. God seën julle. imelda mabotha, athlone

Nog nooit het ek ’n tydskrif geniet soos Kuier nie. Lekker om te weet dat God ons almal baie uniek geskape het. Oral waar ek gaan om mense toe te spreek, is daar altyd iets wat ek uit Kuier kan gebruik en met ander kan meedeel. alvina abrahams, paarl

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa