Kuier

wat werk!

Ons het raad vir vuil hempkrae, aangepakte stort en doen meer as die gewone met aartappels.

-

lesersWenk­e

Gekraakte eiers kan gekook word sonder dat dit breek. Hou dit vir ’n paar minute in ’n sif bo-oor stoom. ’n Velletjie word dan oor die kraak gevorm, wat verhoed dat dit kraak. Erïka van der Merwe, Brackenfel­l

As jou aartappels bietjie groen is, laat lê dit in soutwater. Dit trek dit uit. Rina Jacobs, Touwsrivie­r

Om wit handsakke of skoene skoon te maak, vryf dit met ’n lap wat in Dettol gedoop is. Jeanika Pretorius, Koue Bokkeveld

Smeer botter aan die bokant binne jou kastrol wanneer jy rys kook. Dit sal verhoed dat dit oorkook. Anna du Toit, Ceres

Jou veiligheid­shek se sleutels lyk alkant dieselfde, so verf die bo-kant daarvan met ’n helder kleur nail polish. Geen gesukkel meer. Rita Hambley, Kleinmond

Om kouevleis vars te hou, draai dit eers toe in handdoekpa­pier en plaas dan in ’n lugdigte houer, voor jy dit in die yskas sit. Eben Steenkamp, Strand

Gebruik jou ou tunablikki­es vir jou gaste wat rook om hul stompies in te gooi. Gertruida Lourens, Witbank

Krag is duur. Maak plastiekbo­ttels vol water en plaas dit in die son. Nou het jy warm water om te bad en om mee op te was.

Henk Hilbrants, Kuilsrivie­r

Sny ’n rou aartappel en vryf dit oor die kosvlekke op jou hande om dit af te kry. Spoel dit dan af met water. Maria Fryer, Vredenburg

Drup ’n paar druppels lekkerruik-olie in die kartonsili­nder van jou toiletpapi­er. Die geur word vrygestel elke keer wanneer jy die papier afrol. Cornelia van Loggenberg, Vereenigin­g

Draai wit kledingstu­kke soos dooprokke in bruinpapie­r toe. Dit sal nooit geel trek nie. Susan Smit, Roodepoort

Maak suurlemoen­sap, gooi dit in ysblokkieh­ouers en vries dit. Hou in die vrieskas vir koeldranke en water. Nadia Petersen, Jeffreysba­ai

Plaas witasyn in ’n spuitkanne­tjie en spuit jou stort, bad en teëls daarmee. Vee dan af met klam lap. Avril Snyder, Genadendal

 ??  ??
 ??  ?? As jy ’n prys in ’n Kuier- kompetisie gewen het, moet jy drie maande wag voor jy weer vir ’n kompetisie mag inskryf. Werknemers vanMedia24, verskaffer­s en hul naaste familie mag nie deelneem nie. Verskaffer­s is verantwoor­delik vir die lewering van pryse.
As jy ’n prys in ’n Kuier- kompetisie gewen het, moet jy drie maande wag voor jy weer vir ’n kompetisie mag inskryf. Werknemers vanMedia24, verskaffer­s en hul naaste familie mag nie deelneem nie. Verskaffer­s is verantwoor­delik vir die lewering van pryse.
 ??  ??
 ??  ?? BELANGRIK! As ons jou wenk plaas, het jy 3 maande om jou prysgeld te eis. Ingevolge SARSregula­siesregula­sies moet jy jou bankbesond­erhede verskaf voor ons enige geld aan jou kan betaal. Bel Deidré de Bruyn by 021 443 9890 of stuur ’n e-pos na deidre.debruyn@media24.com.
BELANGRIK! As ons jou wenk plaas, het jy 3 maande om jou prysgeld te eis. Ingevolge SARSregula­siesregula­sies moet jy jou bankbesond­erhede verskaf voor ons enige geld aan jou kan betaal. Bel Deidré de Bruyn by 021 443 9890 of stuur ’n e-pos na deidre.debruyn@media24.com.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa