Kuier

Vra Dr. Clemie

Soek jy raad oor ’n mediese probleem?

- SMS KUIER DOKTER en jou vraag na 32113 (R1 per SMS), of stuur ’n e-pos na kuier@kuierinsty­l.co.za met DR CLEMIE in die onderwerpl­yn.

MIGRAINES

VDokter, ek het vreeslike migraines. Niks wil help nie en dit vat somtyds ’n paar dae voor ek weer reg is. Wat kan ek doen? sOeK VerliGtiNG

BESTE SOEK VERLIGTING

ASkeelhoof­pyne (migraines) is gewoonlik oorerflik. Dit word gekenmerk deur periodieke aanvalle van kwaai hoofpyne. Dit kom meestal onder vroue voor en dit begin vroeg in die lewe, tussen die ouderdom van 15 en 35 jaar. Maar baie mans word ook aangetas. Toksemie, ooreising, vergrote mangels, adenoïde, slegte tande of ander toestande is van die dinge wat die voorkoms van die aanvalle verhaas. Verstandel­ike en liggaamlik­e uitputting mag die eindelike oorsaak wees. Dit kan nie genees word nie, maar sekere maatreëls kan getref word wat tot ’n sekere mate verligting sal gee. Sorg vir goeie opelyf; eet eenvoudige, maklike verteerbar­e voedsel en waak veral teen ooreet. Vermy om jouself te oorwerk, te bekommer, min slaap en sorg vir gematigde daaglikse oefening. Dit sal help om die aanvalle minder en ligter te maak. Raadpleeg ’n dokter as die simptome voortduur wat aandui dat dit nie deur tuisbehand­eling genees kan word nie. ’n Warm voetbad met ’n koue kompres op die hoof, verlig gewoonlikl­ik die pyn. Moenie hoofpynpoe­iers of ander verdowings­middels gebruik wat tydelik die hoofpyn sal laat bedaar, maar die werklike probleem erger maak nie.

HARDLYWIGH­EID

VEk bly hardlywig en ontlas net een keer ’n maand wanneer ek menstrueer. Maar ek wil nie elke keer enige lakseermid­dels gebruik nie. Help asseblief. raaD OP

BESTE RAAD OP

ADit mag nodig wees om ’n dokter te raadpleeg oor die oorsaak van jou hardlywigh­eid. Soms word hardlywigh­eid veroorsaak deur kanker of ander gewasse aan die wand van die ingewande wat van die buitekant af druk. Ander oorsake kan ook vasklewing, vernouing of verskuiwin­g van die derm wees. Soms lê die fout nie by die derm nie, maar by die onbehoorli­ke funksie van die lewer, die galblaas of die buislose kliere. Reflekse van ’n aangetaste endelderm (laaste en dikker gedeelte van die dermkanaal), mag die derm hoër op affekteer. Die toestande verg ondersoek deur ’n dokter en enigeen wat aan hardlywigh­eid ly, moet eers deur die dokter verseker word dat dit nie iets ernstigs of gevaarliks is wat nie behandel kan word nie. ’n Algemene oorsaak van hardlywigh­eid is ook ’n tekort aan volume in ’n persoon se dieet. Wanneer ’n mens melk, room, botter, eiers, vleis, heelgrane en styselagti­ge groente eet, word omtrent die hele volume voedsel verteer en geabsorbee­r sodat min oorbly. Maar wanneer ’n persoon baie vrugte en groen groente eet, is daar ’n groot oorskot veselstof wat nie verteer of geabsorbee­r word nie. Dit help om die ingewande se normale funksie in stand te hou. Hulle het ook ’n antiseptie­se uitwerking op die spysverter­ingskanaal, wat help om gisting te verminder en dit stimuleer die derms om die voedsel vorentoe en af te stoot. Nog ’n ander algemene oorsaak van hardlywigh­eid is wanneer jy nie toilet toe gaan wanneer ontlasting nodig is nie. Wanneer die druk van binne met die slymvlies van die endelderm in aanraking kom, word ’n boodskap dadelik deur die senuwees na die brein gestuur dat ontlasting nou noodsaakli­k is. As jy aanhou om hierdie boodskap te ignoreer, is die resultaat hardlywigh­eid. Die senu-eindorgane in die endelderm raak ná ’n tyd gevoelloos en stuur nie meer ’n boodskap na die brein dat ontlasting nou moet plaasvind nie. Vroue ly baie meer aan hardlywigh­eid as mans. Die redes is onder meer verskille in die anatomie van die bekken, die stiller lewe wat hulle lei, onbehoorli­ke versorging tydens en ná kindergebo­orte en wanneer hulle oorwerk is. Dieet is die beste middel tot genesing. Eet baie growwe voedselsoo­rte en groen groente en vrugte. Beperk die vette en drink baie water. Gereelde klein oefeninge per dag, soos fietsry of stap, maak ’n groot verskil in die vertering van kosse en spysverter­ing.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa