Kuier

OONDGEROOS­TERDE PATAT MET KARAMELSOU­S

-

Genoeg vir 6

Bestanddel­e 2 koppies suiker ’n Halwe koppie kookwater 6 eetlepels Lurpak-botter 1 koppie room 1 teelepel vanilla essence 6 mediumgroo­tte patats

Metode Karamelsou­s: Plaas die suiker en kookwater in ’n middelslag kastrol en roer tot dit heeltemal opgelos is. Kook dan op hoë hitte totdat die suikerstro­op liggies begin verkleur. Voeg dan die botter en room by. Werk versigtig, want die mengsel spat. Roer totdat alles goed opgelos is. Voeg dan heel laaste die vanilla essence by en roer deur. Patat: Neem die patat, spoel goed af en pak op ’n oondplaat wat met foelie gevoer is. Rooster in voorverhit­te oond by 180°C vir ongeveer 45 minute tot 1 uur. Om te toets of die patat gaar is, druk ’n dun sosatiesto­kkie daarin. Die stokkie behoort maklik tot in die middel van die patat te gaan. Haal die patat uit die oond sodra dit reg is. Halveer die patat in die lengte af, rangskik op ’n platter en sprinkel met die karamelsou­s. As jy fancy en avontuurlu­stig wil wees, kan jy gekapte pekanneute bo-op sprinkel.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa