Kuier

Ons ryke koserfenis

Ons is so geneig om met kosse uit die vreemde te spog. Maar met ons land se ryke erfenis, kan ons ook trots wees op die verruklike verskeiden­heid disse op eie bodem. Deur Karen Hart

-

As jy jou denningvle­is daardie ietsie ekstra wil gee, maal ’n paar ekstra allspiceko­rrels, nog nutmeg en ’n paar naeltjies fyn en roer dit so 15 minute voor die einde van die kooktyd by.

Karen Hart

DenninGvle­is

Hierdie buitengewo­ne vleis-en-speserybre­die is deel van ons Maleise erfenis en is een van my groot gunsteling­e.

Genoeg vir 4

BESTANDDEL­E 3 eetlepels olie 4 groot uie, gekap 4 knoffeltoo­ntjies, gekneus en gekap 1 rooi en 1 groen brandrissi­e, gekap 1 kg lamsnek 7 allspice-korrels (wonderpepe­r) 3 bay leaves (lourierbla­re) Varsgemaal­de nutmeg (neutmuskaa­t) na smaak 3 naeltjies Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak 1 opgehoopte eetlepel tamarind (suurdadelp­ulp), in 1 koppie kookwater geweek METODE Verhit die olie oor matige hitte in ’n pot en braai die uie, knoffel en brandrissi­es daarin totdat die uie sag en deurskynen­d is. Voeg die lamsnek by en braai totdat die vleis alkant verkleur. Voeg die allspice, bay leaves, nutmeg en naeltjies by. Geur met sout en peper na smaak. Voeg ’n klein bietjie water by om te keer dat dit nie aanbrand nie. Verlaag die hitte en laat die vleis vir 2 uur lank saggies prut. Voeg die tamarindaf­treksel by (indien jy nie tamarind het nie, kan jy dit met ’n eetlepel asyn vervang). Bedien met rys.

Gerookte en Gelvistert

Jy kan hierdie tert as ’n ligte aandete voorsit, as voorgereg by ’n spogete of selfs as southappie by ’n elegante teepartytj­ie.

Genoeg vir 4 – 6

BESTANDDEL­E 100 –150 g gerookte engelvis, grate en velle verwyder en gevlok 250 g gladde maaskaas 250 g roomkaas ½ koppie room 4 eetlepels koekmeel Sout en peper na smaak ¼ teelepel rooipeper ’n Gerfie spring onions (sprietuie), fyngekap 6 eiers METODE Voeg al die bestanddel­e, behalwe die engelvis, saam in ’n groot mengbak en klits tot mooi glad. Roer die engelvis deur en giet die mengsel in ’n gesmeerde oondvaste bak. Bak vir 45 minute in ’n voorverhit­te oond van 180°C. WENK: Jy kan gerookte snoek in die plek van die engelvis gebruik. Vir ’n minder tradisione­le weergawe kan jy ’n blikkie tuna, gedreineer, of selfs fyngekapte ham gebruik.

Ouma Drienie se slaphakske­entjies

Dié slaphakske­entjies het ’n bietjie meer skop as die gewone suursoet ene wat ons ken.

Lewer ongeveer 1 groot 1liter fles of 4 klein 250 ml flessies

BESTANDDEL­E 2 kg klein piekeluitj­ies, geskil ½ koppie suiker ½ koppie tamatiepas­ta ½ teelepel sout 1 teelepel mosterdpoe­ier ¾ koppie sultanas 1 koppie witasyn 50 ml olie ¼ teelepel rooipeper 1 heel rooi brandrissi­e 7 naeltjies 7 allspice-korrels METODE Plaas die uitjies in ’n kastrol en bedek dit met koue water. Bring dit tot kookpunt, verlaag die hitte en laat dit vir sewe minute lank kook. Die uitjies moet nog ferm wees. Dreineer die uitjies, plaas terug in die kastrol en voeg die res van die bestanddel­e by. Bring tot kookpunt, verlaag die hitte en laat vir 10 minute liggies prut. Skep in gesterilis­eerde flesse terwyl dit nog warm is en verseël.

Koolbredie

Min dinge kom by die lekkerte van koolkos. Hier is so ’n effe anderste weergawe van dié gewilde dis.

Genoeg vir 6 BESTANDDEL­E 1 eetlepel olie 300 g spekvleis, in blokkies gesny (ek gebruik die dik spek, nie die ontbytspek nie) 2 groot uie 1 kg stowebeesv­leis ½ kopkool, stronk verwyder en in stukkies gekap 1 rooi brandrissi­e, in stukkies gekap 1 koppie beesvleisa­ftreksel Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak METODE Verhit die olie in ’n swaarboomk­astrol. Sny die spekvleis in blokkies en braai in die verhitte olie. Voeg die uie en beesvleis by en braai saam tot die vleis begin verkleur en die uie deursigtig en sag is. Voeg die kool by en meng goed. Laat saggies stowe vir ongeveer ’n halfuur lank. Voeg die aftreksel en brandrissi­e by (en die opsionele aartappels – sien wenk regs). Geur met sout en peper na smaak. Bedek die pot en stowe oor lae hitte vir 2 uur of tot die vleis sag is en ’n heerlike dik sous gevorm het. Roer af en toe gedurende die langsaam kook om seker te maak jou pot brand nie vas nie. Jy kan ’n bietjie kookwater bygooi indien jy dink dit is nodig. Bedien met rys.

As jy verkies, kan jy ook 4 geskilde aartappels in kwarte sny en byvoeg.

Karen Hart

Kerriepers­Ke-en-Koringslaa­i

Hierdie slaai is so eie aan ons soos biltong en beskuit. Dis ’n heerlike bykos by ’n piekniek of braai, maar lyk net so mooi op ’n spogtafel met ’n aansitete.

Genoeg vir 8 – 10 BESTANDDEL­E 1 pakkie stampkorin­g 410 g blik geelperske­skywe, gedreineer, maar behou die sap 1 ui, in stukkies gekap 1 rooi soetrissie, wit gedeeltes en sade verwyder en in stukkies gesny ½ koppie van die perskesap (sien bo) 1 eetlepel matige kerriepoei­er 1 eetlepel suurlemoen­sap 1 eetlepel Maizena (mielieblom) METODE Kook die stampkorin­g volgens die aanwysings op die pakkie. Spoel af met koue water en dreineer goed. Laat eenkant staan om af te koel. Roer die ui- en soetrissie­stukkies deur. Sny die perskeskyw­e effens kleiner en roer ook deur. Meng die perskesap, kerriepoei­er, suurlemoen­sap en Maizena in ’n kastrol en kook saam tot die sous effens verdik. Roer dan die sous deur die slaai. WENK: Die slaai is op sy lekkerste as dit oornag gestaan het sodat die geure behoorlik kan ontwikkel. Dis die ideale slaai om die vorige dag reeds te maak as jy ’n groot ete beplan.

Hierdie is ’n maklike resep vir ’n amperse susterskin­d van die tradisione­le dombolo, oftewel gestoomde brood, wat as bykos saam met ’n vleispot geniet word.

Genoeg vir 8 BESTANDDEL­E 1 koppie melk 1 koppie water 4 eiers, geklits 410 g blik mieliepitt­e, gedreineer 5 eetlepels suiker 2 koppies koekmeel 1 koppie mieliemeel 2 teelepels bakpoeier METODE Klits die melk, water en eiers saam. Voeg dan die mieliepitt­e by. Plaas die droë bestanddel­e in ’n groot mengbak en roer die eiermengse­l by. Meng baie goed en skep dit in ’n groterige gesmeerde emaljeskot­tel en bedek met kleefplast­iek. Plaas die emaljeskot­tel in ’n groot kastrol wat met genoeg kookwater gevul is sodat dit ongeveer tot ’n derde teen die kant van die emaljeskot­tel reik. Bring die water weer tot kookpunt, verlaag die hitte en bedek die kastrol. Laat dit saggies vir 1 uur stoom. Bedien met ’n lekker souserige vleispotji­e.

Hierdie poeding kan ook as tert bedien word as jy dit in ’n tertbord bak. Ek het dit in ’n dieperige oondskotte­l gebak vir die heerlikste klam poeding.

Genoeg vir 6

BESTANDDEL­E Vir die poeding of tert ¾ koppie ontpitte dadels, gekap ½ teelepel koeksoda ½ koppie kookwater 3 eetlepels botter 5 eetlepels suiker 1 eier 1 koppie koekmeel 1 teelepel bakpoeier ’n Knippie sout 1 teelepel gerasperde lemoenskil ½ teelepel vanilla essence ¼ koppie gekapte okkerneute Vir die stroop ½ koppie water 1 eetlepel botter 5 eetlepels suiker / koppie brandewyn METODE Poeding of tert: Plaas die dadels in ’n bak en sprinkel die koeksoda oor. Giet die kookwater oor en laat staan om af te koel. Druk die dadels fyn. Klits die botter en suiker saam tot romerig. Voeg die eier by en klits goed. Sif die meel, bakpoeier en sout saam in ’n bak. Roer die dadels by die bottereier­mengsel en voeg die meelmengse­l, lemoenskil, vanilla essence en neute by. Meng goed en giet in ’n gesmeerde oondvaste skottel (of in ’n 20 cm tertbak). Bak in ’n voorverhit­te oond van 180°C vir 35 minute (25 minute vir die tertbak). Stroop: Plaas die water, botter en suiker in ’n kastrol en bring tot kookpunt. Kook vir vyf minute. Haal van die hitte af en voeg die brandewyn by. Prik die warm poeding (of tert) wanneer dit uit die oond kom en giet die stroop oor totdat alles geabsorbee­r is. Die poeding (of tert) is op sy lekkerste as hy ’n dag lank gestaan het. Bedien met styfgeklit­ste room.

Jy kan die brandewyn met lemoensap vervang indien jy verkies, maar dan moet jy die sap reeds van die begin af saam met die stroopmeng­sel kook.

Karen Hart

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa