Kuier

HALLO KUIER-MENSE

-

Die jaar staan nou vinnig einde se kant toe en dit laat jou wil begin terugkyk oor alles wat 2014 opgelewer het. Dit was inderdaad ’n groot nuusjaar en ’n mens wil onwillekeu­rig die Oscar- en Dewanihofs­ake oproep, want dit was keer op keer voorbladnu­us. Maar moenie laat die gebeure in glansmense se lewe ons laat vergeet dat dit ook ’n groot jaar in baie ander gewone mense se lewe was nie. In hierdie uitgawe staan ons stil en kyk terug op die hoogte- en laagtepunt­e waaroor niemand anders dalk berig het nie, want ons dink hierdie stories moet ook vertel word. Een van die mooiste stories van die jaar en die grootste wense wat vir ’n jong man van die Kaapse Vlakte waar geword het, is toe Shane Williams danksy ’n skenking van Sasol vir die eerste keer vanjaar op sy eie bene kon staan. Dit was inderdaad ’n heuglike oomblik vir hom en sy gesin. Aan die anderkant van die skaal, is daar Anna van Rooi wat ’n ongeloofli­ke hartseer jaar agter die rug het. Sy het oor die tydperk van 12 maande drie kinders aan die dood afgestaan. Haar storie is onbeskryfl­ik hartseer, maar steeds beur sy voort en glo daar is ’n doel met alles. Moenie Karen se verruklike resepte in die uitgawe mis nie en maak seker julle kry betyds jul kaartjies vir ons tweede Krismiskon­sert wat op Saterdag 29 November in die Paarl gehou word. Vanjaar gaan ons sommer behoorlik opskop hou met Emo Adams en The Rockets. Dit is ’n geleenthei­d wat jy beslis nie wil misloop nie! Tot volgende keer,

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa