Kuier

HALLO KUIER-MENSE

-

Ai julle, ek het dinge om te sê en dis nie lekker dinge nie. Maar iemand moet dit doen. Dit is my werk om die slegte nuus oor te dra en oor die jare het ek geleer uitstel help nie, so hier kom dit. Jy lees nou die laaste uitgawe van Kuier wat jou R10 gaan kos. En dis nie oor die volgende tydskrif as spesiale uitgawe met ’n CD en jou KuierCombo 2014 albei R18 gaan kos nie. Vanaf 2015 (die eerste uitgawe is 14 Januarie) gaan jou Kuier R12,50 kos. Ek gaan ook nie maak asof dit nie lesers se sak gaan ruk en nie ’n verskil gaan maak nie. Ons leef in moeilike tye en ’n R2,50 kan ’n mens ver vat, maar aan die ander kant moet ons ook die harde realiteit in die gesig staar en alles gaan op. Dit maak net nie besigheids­in om Kuier se prys te vries, dan gaan die petrol en papier se prys op nie, maak nie saak hoe graag ons dit vir ons lesers so bekostigba­ar moontlik wil hou nie. Hierdie les het ons as span vandeesmaa­nd op die hardste manier denkbaar geleer toe ons die opdrag kry om mine! – die sustertyds­krif wat ons met soveel passie vir Kuier begin het, te sluit. Ons het sulke groot drome vir die tydskrif gehad en gehoop dat dit nes Kuier tot groot hoogtes sou groei, maar toe groei dit nie vinnig genoeg nie en toe sê hulle “maak toe”. Daar was trane en ons moes mense groet, maar net daar het die span ’n eed afgelê: Ons kan nie toelaat dat dit met

Kuier ook gebeur nie. Maar mense, alleen kan ons dit nie doen nie! So hou asseblief aan om ons te ondersteun.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa