Kuier

HALO KUIER-MENSE

-

Dis julle metin 2015’n baie verwelkom dankbare met hart ons dat eersteek uitgawe van die nuwe jaar. Ek is so bly ons het dit gemaak deur 2014. Dit was voorwaar ’n beproewing, maar danksy ons Hemelse Vader het ek en jy die kans om die nuwe jaar aan te durf en ’n nuwe begin te maak. Dis ’n fantasties­e voorreg wat ons nooit gering moet skat nie, maar eers moet ons ook dankie sê vir al die beproewing­e van 2014.

Ek glo vas daarin lê die lesse opgesluit wat gaan sorg dat 2015 ons nie onderkry nie.

Maar nou is die nuwe jaar hier en ons het sommer baie om voor dankbaar te wees en ook baie om na uit te sien. Persoonlik kan ek nie wag vir al die stories wat 2015 gaan oplewer en al die nuwe mense wat ons gaan ontmoet nie. Dis voorwaar een van die grootste hoogtepunt­e van my jaar en ek weet nog nie eens wat ons alles kan verwag nie! In hierdie uitgawe maak ons reeds kennis met ’n paar baie inspireren­de mense wat die toon aangee vir die nuwe jaar. Dan is ons ook dankbaar ons het nog krag (ook maar net-net, lees alles oor loadsheddi­ng op bladsy 10).

Soos gewoonlik het ons in die eerste uitgawe van die nuwe jaar hope raad vir ouers en kinders wat terugkeer skool toe.

Die span is reeds baie hard aan die werk om te sorg vir nog ’n groot jaar by Kuier. Soos gewoonlik gaan ons weer ’n paar nuwe goed probeer en julle kan uitsien na ’n paar ou gunsteling­e. Solank ons jul ondersteun­ing het, is alles moontlik! Tot volgende keer,

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa