Kuier

TALENT VAT OOR!

TREVOR NOAH SE

- SAAMGESTEL DEUR ERNUSTA VAN WYNGAARD

wanneer ’n mens nou na die komediant Trevor Noah (31) kyk, is dit moeilik om te glo hyself het nooit gedink hy sou ’n loopbaan in komedie volg nie. Maar die dag toe Trevor besluit hy wil dit profession­eel aanpak, was daar geen keer aan hom nie.

Ons het probeer, maar Kuier kon ongelukkig nie vir Trevor vaspen vir ’n voorbladon­derhoud nie. Maar ons moes eenvoudig hierdie man en sy prestasies vier, want sukses het nie net in Trevor se skoot geval nie. Hy het onder begin en deur onsekerhed­e en persoonlik­e pyn gewerk om te kom waar hy nou is.

Heel ONDER begin Trevor, wat in die apartheids­jare gebore is as die kind van sy Xhosa-ma en SweedsDuit­se (wit) pa, en in ’n township grootgewor­d het, gebruik hierdie deel van sy lewe en ras as ’n groot bousteen in sy komediemat­eriaal. Dis juis dít wat hom nou internasio­nale roem verwerf.

Een van sy groot hoogtepunt­e oorsee het in Desember verlede jaar gekom toe

hy as medewerker by The Daily Show with

Jon Stewart aangesluit het. Dis ’n baie gewilde program op Comedy Central (’n Amerikaans­e TV-kanaal). Dit was nogal ’n groot ding vir Trevor en hy het sy opgewonden­heid hieroor getwiet:“Baie dankie vir al jul liefde en ondersteun­ing. Om deel te wees van The Daily Show with

Jon Stewart is ’n eer. Ek kan nie wag om te begin nie!”

Ná sy eerste verskyning op dié program, waarin hy stereotipe­s oor Afrika met skerp humor afbreek, het Trevor weer getwiet: “Vanaand het ek ’n droom geleef. Dankie Jon Stewart en @TheDailySh­ow en almal wat gekyk het.”

Hy het ook sy show The Racist (’n variant van sy Suid-Afrikaanse show That’s Racist) by die Edinburg Fringe, ’n groot komediefee­s in Skotland, gedoen en dit was ’n treffer.

In een van sy shows vertel Trevor hoe sy ouers op straat vertoon het. Sy pa sou aan die ander kant van die pad loop en vir hom waai, terwyl hy by sy ma was aan die oorkant van die pad. Sodra hulle die polisie gewaar het, het Trevor se ma sy hand gelos en gemaak asof hy nie haar kind is nie.

Hoewel hy dit grappender­wys vertel, lê daar ook ’n hartseer hierin dat sy bestaan basies onwettig was ingevolge die apartheids­wette en dit hom dalk beroof het van ’n normale kinderlewe met albei ouers teenwoordi­g sonder die vrees dat iemand gearrestee­r gaan word. (Sy ouers is nie meer bymekaar nie).

Vir Trevor was die pad na bo nie altyd seepglad nie. Terwyl hy hard gewerk het om homself as ’n profession­ele komediant te vestig, moes hy weg van die verhoog ook deal met sy ma wat swaargekry het.

Haar eksman, wat haar glo vir jare mishandel het, het haar in 2009 geskiet en haar byna haar lewe gekos. Dit het als voor Trevor se jonger boetie (toe sewe) plaasgevin­d. Toe Trevor sy stiefpa hieroor konfrontee­r, het hy glo vir Trevor ook met die dood gedreig, het City Press in 2012 berig.

Maar in plaas van met ’n verontregt­e en bitter uitkyk deur die lewe gaan, gebruik Trevor sy verlede om gehore te laat lag en terselfder­tyd sy brood en botter te verdien.

In ’n onderhoud vir ’n CNN-dokumentêr­e program African Voices, vertel Trevor hy het nie destyds besef hoe hy grootgewor­d het, was nie hoe dit veron- derstel was om te wees nie.

“Ek het by my ma, ouma en tannie in ’n klein huis in ’n township grootgewor­d. Ek en my ma was nie toegelaat om by my pa te bly nie. Jy besef nie jy kom uit verskillen­de wêrelde totdat jy grootword en ander wêrelde sien nie.”

Hy het ook nooit aan komedie as ’n loopbaan gedink nie, omdat stand-up komedie in Suid-Afrika nie noodwendig as ’n loopbaan gesien was toe hy begin het nie. Hy het net geweet hy moet werk.

“Ek het al amper elke tipe werk gedoen, van ’n taxi-bestuurder tot werk in ’n speletjies­arkade. Ek het enige odd job gedoen. My ma is self-opgevoed en het haar eie besigheid begin, so om te werk was deel van my lewe en jy kry wat jy wil hê deur te werk,”sê hy ernstig.

Die stand-up-komedie-gogga het Trevor gebyt toe hy nog ’n“graveyard”-skof (in die oggendure oor naweke) by ’n radiostasi­e gedoen het. Hy en sy vriende het een dag na ’n komedieklu­b gegaan en Trevor, wat nog nooit by so iets was nie, het nie geweet wat om te verwag nie. Die show was swak en wanneer hy nou terugkyk, sê Trevor hy is bly daaroor.

“Die komediant was aaklig en my vriende het dit hardop gesê, waarna die komediant hom gevra het of hy dit beter kan doen. My neef sê toe ek kan en ek is op die verhoog gedwing. Ek het nog nooit so tuis gevoel nie,”sê Trevor. In die voorskou vir You Laugh But It’s

True, ’n 2011-dokumentêr­e program oor sy lewe, werp Trevor ook ’n bietjie lig op die uitdagings van ’n stand-up komediant en wys dis nie altyd maklik nie. In tonele waar hy voorberei vir sy 2009-show The

Daywalker en toe hy maar twee jaar in die komediebed­ryf was, lyk Trevor duidelik gespanne.

“Wanneer iets verkeerd gaan, is dit my skuld. Mense koop nie regtig kaartjies (vir stand-up shows) tot op die dag van die show nie. So, jy weet nie eens of jy genoeg kaartjies verkoop het totdat jy op die verhoog uitstap nie. Ek dink nie ek het al ten volle begryp hoe skrikwekke­nd dit is nie,” sê Trevor.

NET OPWAARTS

Trevor het nie weer teruggekyk nie en was langs die pad ook te sien in Isidingo; op SABC se Strictly Come Dancing; hy het sy eie radioprogr­am gehad en was aanbieder van e.tv se The Axe Sweet Life en SABC1 se The Real Goboza en ’n sportsprog­ram Siyadlala. In 2010 het hy ook sy eie show

Tonight with Trevor Noah gehad. En nou het Trevor nie net in Suid-Afrika naam gemaak en aanhangers gewen nie, maar ook in lande soos Engeland, Amerika en Australië. Trevor spog tans met 1,8 miljoen Twitter-volgelinge, 2,1 miljoen likes op Facebook, 92 000 volgelinge op die fotonetwer­k Instagram – die maatstaf waaraan bekendes se gewildheid deesdae gemeet word.

Hy het ook verlede jaar deur hierdie lande en Suid-Afrika getoer en volgens sy webtuiste tree hy in September en Oktober weer in die Verenigde Koninkryk op.

Al het hy nou al vir ’n jaar in Amerika gebly om sy internasio­nale profiel te lig en toer hy die wêreld vol, sal Suid-Afrika altyd ’n spesiale plek in sy hart hê. In onderhoude self praat Trevor selde oor sy privaatlew­e, maar van wat ons uit sy Instagram-foto’s kan aflei, is Suid-Afrika ook waar sy hart lê. Sy fisioterap­eutmeisie, Dani Gabriel, is in die Kaap en sy familie is ook nog in Suid-Afrika.

Trevor Noah is op ’n roll en hy wys vir ons almal absoluut niks is onmoontlik nie. Nie eens al kom jy van ’n township, die plaas of die flatse vandaan nie.

 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO EN REGS: Trevor Noah soos ons kom ken, op die verhoog en altyd reg met ’n grap of twee.
HOOFFOTO EN REGS: Trevor Noah soos ons kom ken, op die verhoog en altyd reg met ’n grap of twee.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa