Kuier

HALLO KUIER- MENSE

-

Baie dankie vir al jul mooi wense vir die nuwe jaar. Ons is ook baie bly om van die Gautengers te hoor en Ivor Price laat weet daar in die Noorde begin die mense nou éérs lekker saamlees! Ons is al warm gewerk in die nuwe jaar en het al lekker planne gemaak om vir julle vanjaar ook hope genot te verskaf. Ek voel dis darem my plig om ’n lusmakertj­ie na julle kant toe te gooi . . . Mense, die begrotings is nogal erg gesny vanjaar, maar ons sorg vir ons lesers en jul volgende CD is klaar in die werke! Hou die tydskrif dop vir nader besonderhe­de. Nes ons planne maak vir die tydskrif, beplan ons ook aan ons lewens. Vanjaar is daar nie juis Nuwejaarsv­oornemens op kantoor nie, te veel van ons het in 2014 ’n bloutjie geloop. Maar ná hierdie uitgawe en Kuier Coach weet ek nie meer so mooi nie, want ’n ieder en ’n elk beplan nou aan ’n“vision board”soos Andeline voorgestel het. En ek weet klaar wat moet op myne wees – net karre. Lekker, klein, blink karretjies, want vanjaar is die jaar dat ek weer agter die stuur klim. Ek kan mos nie uitgawe ná uitgawe al die inspirasie­stories in Kuier lees en nie werk van my doelwitte maak nie. Kyk dan nou vir ons voorbladge­sig Trevor Noah wat van die township tot op Amerikaans­e TV gevorder het. Om nie eens van dr. Gerald en klein Malikah te praat nie! Ja geliefdes, vanjaar maak ek Kuier my inspirasie en dit beteken drome word doelwitte wat bereik kan word!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa