Kuier

Facebook

-

Ek wil net die Kuierspan ’n geseënde en voorspoedi­ge 2015 toewens. Ek weet ons gaan vanjaar sommer lekker kuier by Kuier! Dankie vir die eerste Kuier vir die jaar. Ek het dit baie geniet, veral die binneblad (Stiltetyd vir 2015). Ek vind dit baie inspireren­d! Ek het myne uitgehaal, gelamineer en teen my yskas geplak. Nou het ek ’n teksvers en tema vir elke maand waarop ek kan bou – dis sielskos!

CHARLENE CROWLEY

Nou besig om uit die Kaap terug na Gauteng te ry en ek het omtrent 10 Kuiers by my ma gekry wat ek nog nie gelees het nie. Ek gaan dit nou lekker rustig op die trip lees.

KARENWYNGA­ARD GADUKA

Nee kyk Kuier- mense, die langpad was nog nooit so lekker soos nou met die kwaai CD (Kaapse Klanke 2) nie! Ons kan nie’n favourite number kies nie, want hulle almal is ayoba! Dankie Kuier, julle is en sal altyd nommer 1 bly!!

MELISSA STEVENS ROMAIN

Baie dankie vir Valerie Deelman se rubriek (Wat die hart van vol is, 17 Desember 2014). Valerie se storie het soveel heimwee en herinnerin­ge van my eie kinderjare na vore gebring. Ek het innerdaad soortgelyk­e kindererva­rings meegemaak en te danke aan Kuier kon ek ook weereens my kinderjare herleef.

ROSELINE WAGNER CLIEVE

Wat ’n verblyding toe ek Maandag uit die werk kom en my Kuier lê en wag vir my op die tafel. Ek het dit alweer klaar gelees, van voor tot agter. Tans besig om die blokkiesra­aisels in te vul. Kuier, julle is puik en beslis deel van my lewe, nou en vir ewig.

EVELYN SAULS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa