Kuier

SMS'e

-

Vandag se kinders kan baie leer uit Ouma Magrieta se storie (Nie te oud om te leer, 14 Januarie 2015). Hoeveel kinders vandag wil nie skoolgaan nie, maar hier lees ons van dié ouma wat nie tou opgooi nie. Wat ’n inspireren­de vrou. Sterkte Ouma Magrieta met die ander grade.

CARLENE JOUMATH, MAMRE

Ek reageer op die artikel “’n Tweede Kans” (17 Desember 2014) en ek wil u graag meedeel dat my kind ’n oorerflike hartproble­em het. Hy is 16 jaar oud en ons gaan op die oomblik deur ’n donker tyd, verby die grense van hoop. Dit voel asof Martinique du Preez my lewensverh­aal aan Kuier vertel het.

FELICITY LEAN, DELVONDALE

My mening oor die storie in die Kuier van 17 Desember (’n Tweede Kans): Sy is Godvresend en dapper en wou alles in haar vermoë doen om haar seun se lewe te red. Ek het ook my seun (6) se lewe gered toe hy in ’n motorongel­uk was. Die dokters het kom sê sy kanse is 50/50. Ek moes my knieë buig en die Here deel maak van my lewe. Vandag is hy 36 jaar oud. Martinique se storie het my geraak, fisiek en geestelik en ek wil daardie moeder salute vir haar dapperheid. Dankie Kuier vir al julle harde werk!

FRANCES SMALL, MITCHELLS PLAIN

Dankie vir die artikel oor Eskom (Gee my krag, 14 Januarie 2015). Dit maak ’n mens hartseer as sulke situasies die mense van ons land raak en ons ekonomie knou, wat ons nie eintlik kan bekostig nie. Ek is ook dankbaar vir julle wenke om krag te bespaar, sodat ons ook kan help om te bespaar. Dankie vir ’n puik tydskrif.

THEA PEENS, ODENDAALSR­US

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa