Kuier

antwoorde gegee

-

Vir vetkolle op kledingstu­kke, vryf ’n bietjie Handy Andy aan en was dit dan uit soos gewoonlik.

Priscilla Witbooi, Grabouw Vir ’n maag wat loop, meng twee hoogvol teelepels Maizena met ’n halwe glas water en drink. Dit werk soos ’n bom.

Lettie Smuts, Pretoria Vir die kat wat sy ding agter die banke doen, gooi peper daar. As hy die reuk kry, sal hy ophou.

Roslyn van Staden, Clanwillia­m Om miere weg te hou, meng ’n koppie bruin asyn met ’n kwart koppie growwe sout en plaas dit waar hulle lastig is. Dit sal die miere weghou.

Sadeeka Lillah, Uitenhage As jou pot op die primus- of gasstoof swart gebrand het, doop ’n stuk toiletpapi­er in kookolie en vee dit daarmee af. Die roet mors dan nie alles so swart nie en die pot maak makliker skoon.

Chris Joubert, Petrusvill­e As jou kastrol aangebrand het, gooi ’n bietjie Handy Andy en Mr Muscle Multi Surface Cleaner daarin. Laat staan die pot op die lou plaat vir ’n paar minute. Al die brandsels sal los kom.

Betsie Fraenkel, Thornton

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa