Kuier

‘DUBBELE SEËN’

’n Mens verstaan nie altyd hoekom slegte dinge gebeur nie, maar soms word jy verras met ’n wonderwerk.

- Deur Monique Mortlock

Dit het soos enige ander Sondag begin. Patricia de Waal het haar twee dogters, Nicole (7) en Rouché (3), gereed gekry vir kerk voor sy gaan werk het. Die meisies wou presies dieselfde aangetrek wees en op daardie spesifieke dag soos ’n tweeling lyk.

Terwyl Patricia (53) daardie oggend nog met haar twee dogters gelag en gesels het, het sy nie een keer gedink sy sal nooit weer hul glimlaggen­de gesigte sien nie. Sy het gedink sy sal hulle nog daardie aand kan nag soen, maar in plaas daarvan het sy ’n ma se ergste nagmerrie beleef.

Op 12 Junie 1994 is Patricia en haar man, Nico (54), se lewens vir altyd verander. Nico kan dit nie oor sy hart kry om daaroor te praat nie, so Patricia herroep daardie hartseer dag.“Ek was nie daardie dag my gewone self by die werk nie. Ek weet nie hoekom nie; al wat ek weet, is dat ek ongemaklik gevoel het en op niks kon konsentree­r nie,”vertel Patricia, wat daardie tyd as verpleegst­er by die Tygerberg-hospitaal in Kaapstad gewerk het. Die ongemaklik­e gevoel het haar die hele dag gepla.

Op pad na haar huis in Malibu Village naby Eersterivi­er, het hulle oor die R300hoofwe­g naby Bellville gery. Hulle het stadig verby ’n ongeluksto­neel gery waar ’n motor en ’n vragmotor gebots het.

“Daar was ’n ambulans, polisieman­ne en verskeie motors. Soos ons verby gery het, het ek ’n pyngevoel in my maag gekry. Dit tref my toe uit die bloute.‘Dit is my man en twee dogters in daardie motor,’het ek vir almal in die taxi gesê. Hulle het nog vir my gesê ek moenie laf wees nie, maar iets het net vir my gesê dit ís my familie . . .”

Patricia raak weg asof sy weer die beeld van die wrak voor haar sien.

Toe Patricia by die huis aangekom het, was dit asof haar wêreld in slow motion gegaan het. Haar man en dogters was nie soos gewoonlik daar om haar te groet nie. Sy het al hul familie en vriende gebel om uit te vind waar haar familie was.“Toe kry ek die oproep van Nico se baas om te sê hulle was in ’n ongeluk en is na die hospitaal geneem,”gaan Patricia voort.“Daarna het dinge so vinnig gebeur.”

’n Vriend het haar na die hospitaal geneem – maar nie voordat hulle by die ongeluksto­neel gestop het nie. “’n Polisieman het daar vir my gesê my man is in ’n kritieke toestand, maar dat my dogters oukei is. Hulle moes met die‘jaws of life’uit die motor gehaal word.”

Nico het ’n vragmotor met ’n onstabiele vrag probeer verbysteek. Toe hy van baan verwissel, het die vragmotor na dieselfde baan verwissel en die motor is toe onder die vragmotor vasgepen.

Toe Patricia by die hospitaal kom, was haar man se kakebeen, albei sy arms en sy skouer gebreek.“Ek het ’n meisie gesien wat deur masjiene aan die lewe gehou word en gedink,‘foeitog, die arme kind.’ Toe kom ’n verpleegst­er wie ek toevallig ken na my toe met die dogtertjie se klere in haar hand en sê haar suster is in die teater en dat hulle in ’n motorongel­uk was. Ek het toe besef die meisie op life support was Nicole. Ek het haar nie herken nie omdat haar gesig so erg geswel was.”

Die trane begin loop soos Patricia die oomblik herleef.“Ek het besef ek kan my man en kinders verloor. Ek het net gebid tot God om Sy wil te laat geskiet. Ek het aan Hom vasgehou, want daar was niemand anders om op te steun nie.”

Later daardie aand het Patricia die oproep gekry dat Rouché afgesterf het.“Ek was eintlik dankbaar, want sy is aan die lewe gehou deur masjiene. Ten minste sou sy nie ly nie,” sê Patricia hartseer.

Die Vrydag ná die ongeluk is Nico uit die hospitaal ontslaan. Sy kakebeen is geopereer, so hy kon nie praat nie en as gevolg van sy gebreekte arms, kon hy ook nie vir homself sorg nie. In die vroeë oggendure van daardie Saterdag, is Nicole ook oorlede.

“Ek en Nico het net van alles sin probeer maak. My lewe het rondom hulle gedraai.” Sy het God dikwels bevraagtek­en.“Ek het tot Hom gebid en gevra waarom Hy hulle van my af weggeneem het. Ek het aan al die dinge gedink wat ek nooit sou kon ervaar nie, soos hul 21ste verjaardae, hul troues, kleinkinde­rs . . .”

Die meisies is op 25 Junie 1994 langs mekaar begrawe.

Weens komplikasi­es na Rouché se geboorte, het dokters vir Patricia gesê sy sal nie nog kinders kan hê nie, so die De Waals het gedink hul kanse op ouerskap is daarmee heen.

Haar verhouding met Nico het ook gely, omdat hulle albei in hul eie wêrelde verval het om die smart van hul kinders se dood te verwerk.“Aan die begin het ons probeer om ’n psigiater te sien, maar ná twee sessies wou Nico nie meer gaan nie,”sê Patricia.“Hy het gesê hy hou nie daarvan dat ons net die hele tyd praat nie. Ons het nie met mekaar gepraat oor die meisies of saam gehuil nie, selfs al wou ek so graag.

“Hy het in die meisies se kamer gegaan en gehuil, terwyl ek in die bed gelê en huil het. Ek wens ons kon saam getreur het; dit sou dinge makliker gemaak het.”

’n Paar maande ná die ongeluk, het Patricia die meisies se kamer skoongemaa­k en hul besittings na ’n weeshuis geneem as deel van die begin van die herstelpro­ses. Die egpaar het aan die einde van daardie jaar na Mosselbaai in die Suid-Kaap gegaan om daar te gaan herstel.

’n nuwe begin

In Februarie die volgende jaar het Patricia siek gevoel en ’n dokter gaan sien waar sy die skok van haar lewe gekry het.“Hulle het vir my gesê ek is swanger! En toe ek vir ’n sonar gaan het die dokter bevestig dis ’n tweeling! “So lam soos ek was toe die meisies gesterf het, dis hoe ek gevoel het toe ek gehoor het van my swangerska­p. Maar hierdie keer was ek nie hartseer nie, ek was in die wolke!”

Toe die tweeling gebore is, was Nico en Patricia verstom oor die ongeloofli­ke ooreenkoms­te wat begin ontwikkel het tussen hulle en hul oorlede susters.“Toe Althea ’n kind was, het sy soos Rouché gelyk, maar sy het Nicole se persoonlik­heid gehad. Althea is stil, saggeaard en baasspeler­ig, nes Nicole was. Anthea, aan die ander kant, het as kind soos Nicole gelyk, maar sy het Rouché se uitgesprok­e, selfversek­erde persoonlik­heid gehad.”

In plaas daarvan om dit ontstellen­d te vind, was Patricia en Nico verheug. Maar daar was ’n paar ongewone oomblikke.

“Eendag was ons by die winkels met die tweeling toe ons Rouché se stem hoor sê: ‘Darry’,” vertel Patri- cia.“Dit was haar manier om te sê:‘Pappa’. Ons was geskok en het rondgekyk, maar dit was nie Rouché nie – dit was Althea. Haar eerste woord was presies dieselfde as Rouché s’n.”

Om groot te word as die“gereïnkarn­eerde”weergawe van hul oorlede susters was moeilik vir Althea en Anthea, nou 19.

“Wanneer ’n familielid ons sien, het hulle ons opgetel en begin huil,”sê Anthea, ’n sielkundes­tudent aan die Midrand Graduate Institute, Kaapstad-kampus.

“Ons was klein en het geweet dit het iets te doen met ons susters wat oorlede is, maar ons het nie ten volle verstaan nie.”

“Eers het dit ons ontstel,”sê Althea, ook ’n sielkundes­tudent, maar aan die Universite­it van die Wes-Kaapland.“Ons het nie ons eie identiteit gehad nie, want die mense sou ons dikwels op ons susters se name roep.”Selfs Patricia het hulle behandel asof hulle haar oorlede dogters is.

“Vir die eerste paar jaar het ek na hulle gekyk as Nicole en Rouché,”sê hul ma. “Maar toe hulle nege jaar oud was en vra of hulle gedoop kon word, het ek besef dit is Althea en Anthea. Daarna het ek hulle as individue behandel, apart van hul susters.”

Althea en Anthea gee nie meer om as mense hulle met hul susters vergelyk nie. “Dit is eintlik cool dat ons susters deur ons kan voortleef. My ma sê altyd ons is geskenke van God,”sê Anthea.

“Sy noem ons haar dubbele seën,”sê die susters gelyktydig en begin lag. *Die storie het oorspronkl­ik in Kuier se Engelse sustertyds­krif mine! verskyn.

 ??  ?? HOOFFOTO: Die tweeling, Althea en Anthea (19), met foto’s van hul susters, Nicole (7) en Rouché (3), wat ná ’n motorongel­uk gesterf het. REGS ONDER: Patricia en Nico de Waal met hul twee wonderwerk­e.
HOOFFOTO: Die tweeling, Althea en Anthea (19), met foto’s van hul susters, Nicole (7) en Rouché (3), wat ná ’n motorongel­uk gesterf het. REGS ONDER: Patricia en Nico de Waal met hul twee wonderwerk­e.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa