Kuier

LENSIEBURG­ERS

Genoeg vir 6

-

BESTANDDEL­E

1 koppie gerasperde murgpampoe­ntjie 1 ferm, ryprooi tamatie, fyngekap 1 koppie gaar lensies ¾ koppie gerasperde cheddarkaa­s 1 middelslag ui, fyngekap 1 eetlepel fyngekapte vars pietersiel­ie (of 1½ teelepel droë pietersiel­ie) Sout en varsgemaal­de swatpeper na smaak ½ teelepel droë gemengde kruie ½ teelepel paprika ½ koppie bruismeel 2 eiers, geklits Olie vir vlakbraai

Vir die samestelli­ng

6 hamburger-rolletjies 1 rooiui (of gewone ui), in dun skyfies gesny 1 tamatie, in skyfies gesny 1 paar dun skyfies komkommer Rocket-blare of enige blare van jou keuse

METODE

Meng al die bestanddel­e saam. Verhit die olie in ’n pan tot taamlik warm en skep eetlepels vol in die pan. Druk die mengsel effens plat in die pan en vorm ’n koekie ongeveer die grootte van ’n hamburger. Braai alkant tot goudbruin. Dreineer die gaar koekies op handdoekpa­pier en hou eenkant totdat jy al die koekies gebraai het. Sny die hamburgerr­olletjies deur, rangskik die blare, uie-, tamatie-, en komkommers­kyfies saam met die twee lensiekoek­ies boop elkeen. Bedien saam met chips of aartappels­wiggies. Dis ook ’n heerlike maaltyd vir die kosblik.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa