Kuier

PIESANG-POEDINGKOE­K

Genoeg vir 4 – 6

-

Hierdie is nie regtig ’n koek in die ware sin van die woord nie, want dit rys nie vreeslik baie nie. Dis meer ’n poeding in ’n koekvorm gebak. Die lekker lagie vars piesang tussenin is regtig iets besonders.

BESTANDDEL­E ¼ koppie (55 g) botter 2/3 koppie bruinsuike­r 1 eier, geklits 2 –3 oorryp piesangs ¾ koppie volkoringb­ruismeel Varsgerasp­erde nutmeg (neutmuskaa­t)

METODE Klits die botter en suiker saam tot romerig. Klits nou die eier by. Hou ’n kwart van die piesangs eenkant en maak die res fyn en voeg dit by die bottermeng­sel. Vou die meel en nutmeg liggies met ’n vurk by. Skep die helfte van die deegmengse­l ’n 15 cm-koekpan wat gesmeer is en met bakpapier gevoer is. Sny die oorblywend­e kwart van die piesang in dun skyfies bo-op en bedek met die res van die deegmengse­l. Bak in ’n voorverhit­te oond van 180°C vir 40 – 50 minute.

WENK: Bedien met vla, room of roomys.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa