Kuier

EINDELOSE HOENDERPOT

Genoeg vir 4

-

BESTANDDEL­E 1 heel hoender 2 gekapte uie 3 knoffelhui­sies, gekneus 1 vars gemmerknoe­ts van ongeveer 3 cm, geskil en in blokkies gekap 3 gesnyde leeks (preie), net die wit gedeeltes 3 wortels, geskil en in muntstukki­es gesny 3 aartappels, geskil en in blokkies gesny ’n Goeie handvol gekapte pietersiel­ie 6 koppies hoenderaft­reksel Sout en peper na smaak

METODE Plaas die hoender saam met die gekapte uie in ’n groot swaarboomp­ot. Voeg die knoffel, gemmer, die res van die groente, pietersiel­ie en aftreksel by. Bedek die pot en laat vir so ongeveer een tot een en ’n half uur kook. (Dit hang af van hoe groot jou hoender is.) Geur met sout en peper. Haal die hoender uit en plaas dit versigtig in ’n opdienskot­tel. Skep die groente met ’n gaatjiesle­pel uit sodat die sous in die pot agterbly en rangskik dit rondom die hoender. Jy kan nog ’n bietjie varsgekapt­e pietersiel­ie byvoeg voordat jy dit opdien met brood, rys of mashed potatoes (kapokaarta­ppels).

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa