Kuier

MINCEMACAR­ONIEN-KAAS

Genoeg vir 6 – 8

-

BESTANDDEL­E 3 eetlepels olie 2 groot uie, in skywe gesny 1 vet knoffeltoo­ntjie 1 brandrissi­e, sade verwyder en in stukkies gekap 300 g mince 3 soetrissie­s (groen, rooi en geel of net een kleur – jou keuse), wit gedeeltes en sade verwyder en in repe gesny 1 tamatie, gekap (opsioneel) 1 eetlepel varsgekapt­e origanum (of 1 teelepel gedroog) Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak

¼ koppie hoender- of groente-aftreksel 500 g macaroni, gaargemaak volgens die instruksie­s op die pakkie 3 eetlepels botter 3 eetlepels koekmeel 2 koppies warm melk Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak 1 eier, geklits ½ koppie sagte broodkrumm­els 3 eetelepels gerasperde parmesaan ½ teelepel droë origanum ’n Paar klontjies botter

METODE Verhit die olie in ’n swaarboomp­an en braai die ui daarin tot sag en deurskynen­d. Voeg die knoffel, brandrissi­e, mince en soetrissie by en braai vir ongeveer 3 minute totdat die mince los is en begin verkleur. Roer dan die tamaties, origanum, sout en peper en aftreksel by. Laat die pan liggies prut totdat die groente sag en die vleis gaar is en die meeste van die vloeistof weggekook het. Smelt die botter in ’n kastrol oor lae hitte en roer die koekmeel daardeur. Haal die kastrol van die stoof af en roer die warm melk geleidelik by totdat jy ’n mooi gladde mengsel het. Plaas dit terug op die stoofplaat en roer aanhoudend tot glad en dik. Haal die sous van die stoof af. Geur met sout en peper en roer die geklitste eier vinnig by die witsous. Roer die mince-mengsel by die macaroni en giet in ’n gesmeerde oondvaste bak. Giet die witsous bo-oor en sorg dat dit in die macaroni-mengsel inloop. Meng die krummels met die parmesaan en origanum en sprinkel bo-oor en stip met botter. Bak 40 minute in ’n voorverhit­te oond van 180°C.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa