Kuier

BOELIEBIEF-EN-MIELIE FLAPJACKS

Genoeg vir 6 – 8

-

BESTANDDEL­E 500 ml koekmeel 2 ml sout 10 ml bakpoeier 5 ml suiker 1 eier, geklits 25 ml botter, gesmelt of sonneblomo­lie 200 ml melk 125 ml sweet corn (suikermiel­ies) 1 blikkie boeliebief (corned beef), in blokkies gesny

METODE Sif die meel, bakpoeier, sout en suiker saam. Klits die eier, melk en botter of olie saam. Maak ’n holte in die meelmengse­l en voeg die vloeistofm­engsel geleidelik by. Meng goed. Voeg nou die boeliebief en mielies by en meng liggies. Skep lepelsvol van die aangemaakt­e deegmengse­l in ’n liggesmeer­de warm pan. Draai die koekies om sodra daar bo-op lugblasies is. Braai albei kante tot ligbruin. Bedien met tamatie, blaarslaai, en komkommer.

WENK: Jy kan die boeliebief met wors of oorskietvl­eis vervang. Vir die soettand, laat die boeliebief en mielies weg vir gewone flapjacks as ’n nagereg. Bedien warm met heuning, room, appelkoosk­onfyt of gouestroop.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa