Kuier

UIE-EN-KAASTERT

Genoeg vir 4 – 6

-

BESTANDDEL­E

Deeg: 250 ml koekmeel 5 ml bakpoeier 2 ml sout 30 ml botter of margarien 120 ml melk 100 ml kaas, gerasper (opsioneel)

Vulsel: 3 – 4 groot uie, in ringe of skywe gesny of grofgekap Botter, om die uie in te braai 10 ml bruin suiker 125 ml kaas, gerasper 125 ml room 2 eiers geklits Sout en varsgemaal­de peper na smaak 125 g sampioene (opsioneel)

METODE

Deeg: Sif die meel, bakpoeier en sout saam. Vryf dan die botter in. Voeg die melk geleidelik by en meng tot ’n sagte smeerdeeg vorm. Smeer ’n dun lagie van die deeg in ’n tertbak. Strooi ’n bietjie kaas oor die deeg.

Vulsel: Braai die uie in ’n bietjie botter vir ongeveer 5 –10 minute. Voeg dan die suiker by. Skep uit en hou eenkant. (Indien jy sampioene by die tert gaan voeg, braai tot goudbruin). Skep die uie (en sampioene) in die tertbak en verspei eweredig. Klits die eiers en room saam en geur met sout en peper. Gooi dan die eiermengse­l oor die uie. Bedek met ’n lagie kaas en bak in voorverhit­te oond van 180°C vir ongeveer 25 –30 of tot gestol en ligbruin is.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa