Kuier

CRICKTIONA­RY

-

Boulbeurt (Over)

Wanneer een bouler ses agtereenvo­lgende balle boul.

Been-voor-paaltjie (Leg before wicket/ LBW) ’n Manier om die kolwer uit te kry. As die bal enige deel van die kolwer se liggaam tref (gewoonlik die beenskut) en die skeidsregt­er dink die bal sou aangaan om die paaltjie te tref.

Driekuns (Hat-trick)

’n Bouler neem drie paaltjies met drie agtereenvo­lgende balle.

Hawk-Eye Die rekenaarte­gnologie wat gebruik word om die waarskynli­ke pad van die bal te wys as die kolwer nie in die pad was soos by ’n moontlike bvp nie.

Duckworth-Lewis-metode ’n Wiskundige metode wat gebruik word om ’n teikentell­ing uit te werk vir die span wat tweede kolf, wanneer die wedstryd deur reën geaffektee­r word.

Kragspel (Powerplay) ’n Stel boulbeurte in eendagkrie­ket wat die span wat kolf tydelik bevoordeel deur die aantal veldwerker­s op die grens te beperk.

Vryhou (Free hit) Word in T20’s gegee wanneer ’n bouler ’n foutbal boul deur oor die voorste lyn vir die bouler te trap. Die bouler moet dan weer die aflewering boul en die kolwer kan nie uitgegee word met die aflewering nie, tensy hy uitgehardl­oop word.

Maiden over (leë boulbeurt) ’n Boulbeurt waar geen lopies aangeteken word en geen wydlopers en foutballe geboul word nie.

Duck ’n Kolwer word uitgehaal sonder om ’n lopie aan te teken.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa