Kuier

Platsak & spyt

Die kooplus het almal beet oor die feesseisoe­n en dan kom spyt agterna. Hier is wenke om dit te verhoed.

- Deur Angelo Julies

Vandeesmaa­nd is nie verniet Januworry nie! Die beursies is leeg en die uitgawes volop. Vra maar die mense om jou, almal trek swaar. As dit nie ou skuld is wat mense opkeil nie, is dit nuwe skuld wat gemaak moet word. Dis Desember se vleis- en presentesk­uld wat nog betaal moet word en nou moet die kinders se skoolgoed alweer gekoop word.

Vir Sandra Beukes* van Bredasdorp is die eerste maand van 2015 ’n nagmerrie! Sy het so te kere gegaan oor die feestyd dat sy nou niks meer geld oorhet nie.“Ek het nie track gehou met hoeveel ek spend nie, nou sit ek met niks geld nie en die kinders moet skoolgoed kry. Ek het myself gesê ek gaan nooit weer so baie geld spandeer op goed wat ek nie nodig het nie. Net omdat ek dit wil hê, beteken nie ek moet dit koop nie, al het ek ook bonus gekry,”sê Sandra.

Sy moes nou ’n lening gaan maak, maar wonder al klaar hoe sy alles gaan terugbetaa­l, want volgens haar verdien sy peanuts.

Volgens Rowen Burger, ’n finansiële adviseur by Momentum, beland mense in die skuld omdat hulle kort termyn dink en nie lang termyn nie.“Mense lewe in die‘here

Ek het nie track gehou met hoeveel ek spend nie, nou sit ek met niks geld nie en die kinders moet skoolgoed kry. Ek het myself gesê ek gaan nooit weer so baie geld spandeer nie.

and now’en dink nie aan die toekoms nie, daarom spandeer hulle so baie geld oor die feestyd,”sê Rowan.

Christo van der Rheede, uitvoerend­e hoof van die Afrikaanse Handelsins­tituut (AHI), meen een van die redes hoekom die Suid-Afrikaanse ekonomie so swak doen, is weens hoë huishoudel­ike skuld. Volgens hom leef te veel mense bo hul inkomste.

“Suid-Afrikaanse verbruiker­s gaan gebuk onder skuld en tot 76% van mense se inkomste word gebruik om lenings of goedere wat op krediet gekoop is, terug te betaal,” sê Christo.

“Die meeste mense verstaan nie die finansiële impak van die koste van krediet nie en dat hulle eintlik op die ou end meer vir goed betaal as wat dit oorspronkl­ik gekos het,”sê Jennifer Kingwill, die rekeninged­irekteur van Atmosphere Communicat­ions.

Jy moet besef jy is op die randjie van die afgrond as jou uitgawes meer is as jou inkomste en jy sukkel om jou skuld terug te betaal. Die meeste mense besef ongelukkig eers hulle het ’n probleem wanneer hulle reeds te diep in die skuld verval het.

Die Hanekom*-gesin van Kraaifonte­in buite Kaapstad het hierdie les op die harde manier geleer. Volgens Donald Hanekom* het almal gedink hulle is skatryk, maar eintlik het hulle niks gehad nie, want alles was op skuld gekoop.

“Ons is so diep in die skuld dat ek naweke as ’n fotograaf moet werk om ons daaglikse benodighed­e aan te koop, want my hele pay gaan net so vir skuld”.

Donald meen dinge is al so erg dat hulle nou na ’n kleiner huis moet trek en hul kinders in ’n goedkoper skool moet sit.

“Ons moet nou afskaal en die goedkoper way gaan, want ons kan dit net nie meer bekostig nie, anders gaan ons alles verloor. Gelukkig het ek met die bank en krediteure ’n ooreenkoms aangegaan om die skuld in kleiner paaiemente af te betaal. Dit gaan langer vat, maar ten minste gaan dit betaal word,”voeg hy by.

James Witbooi* van Bellville buite Kaapstad sê hy het in skuld verval omdat hy nie geweet het hoe om met geld te werk nie.

“Ek werk nou maar vier maande en het klaar baie skuld. Toe ek die eerste keer pay, het ek net spandeer en nie geworry nie. Ek het toe net uit college gekom en as student spaar jy mos nie, so ek het nie geweet van mooi werk met my geld nie,”sê James.

Dan is daar ook nog die lening vir sy studies wat hy moet afbetaal.“Ek gaan nou elke sent moet omdraai,”sê hy.

Maak ’n plan

Skuldberad­ers help mense wat sukkel om hul skuld te betaal. Hulle help jou om ’n skuldveref­feningspla­n saam te stel en skakel met krediteure om die skuldveref­feningspla­n goed te keur. Skuldberad­ers is by die Nasionale Kredietreg­uleerder (NKR) geregistre­er en mag nie deel wees van skuldinvor­deringsage­ntskappe, kredietbur­o’s of organisasi­es wat krediet verskaf nie.

Onthou net skuldberad­ers kan jou help om uit die skuld te kom, maar hulle kan jou nie selfdissip­line leer nie.

Volgens Babazile Mbetse van Liberty Retail SA, kan mense geregistre­erde skuldberad­ers vertrou, want hulle het al baie mense gehelp.“Dit is ’n stelsel wat werk. Verbruiker­s word gehelp om hul skuld te delg en beskerm hulle teen die maak van verdere skuld.”

Babazile raai mense aan om na hul finansiële welstand om te sien deur net soos met jou mediese ondersoek, ’n jaarlikse afspraak met ’n geakkredit­eerde finansiële adviseur te skeduleer.

“Op dié manier het jy ’n finansiële plan wat jou kan help om uit die skuld te bly. Onthou ook daar is goeie en slegte skuld. Byvoorbeel­d, ’n verband kan as goeie skuld dien. Slegte skuld is wat verbruiker­s moet vermy, soos mikrolenin­gs en win- kelskuld,” sê Babazile.

“Maar as jy nie jou maandeliks­e terugbetal­ing op ’n rekening kan maak nie, moenie wag vir ’n brief nie, praat dadelik met die skuldeiser om iets uit te werk voor dinge buite beheer raak.”

Op sy beurt sê Christo spaar moet ’n langtermyn­doelwit wees, maar dit verg baie opoffering en dissipline. “Dink aan spaar as ’n stokperdji­e (iets wat jy geniet en nie ’n straf nie) en lees op oor goed soos saamgestel­de rente. Spaargeld is nie ’n uitgawe nie, maar ’n manier om jou welvaart te verbeter. Indien jy positief voel oor die geld wat in jou spaarprodu­k ingaan, gaan jy met meer toewyding spaar. So begin vandag spaar,”sê Christo.

En oor dié goue reël is al die kenners almal eens: Koop net wanneer jy werklik iets nodig het (en nie net omdat jy dit begeer of wil hê nie) en hou streng by ’n begroting.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa