Kuier

KRY FINANSIËLE WELSTAND

-

’n Goeie manier om ook jou finansiële welstand na te gaan, is om te kyk wat jou kredietwaa­rdigheid is. Kredietwaa­rdigheid is ’n bepaling van hoe waarskynli­k dit is dat ’n lener hul skuld sal kan terugbetaa­l.

Jy kan by dienste soos What’s My Credit (WMC) aanklop vir hulp. WMC is ’n aanlyndien­s waar jy jou kredietrek­ord kan sien en ’n volledige kredietver­slag kan kry. ’n Kredietver­slag van WMC bied ’n gedetaille­erde uiteensett­ing van al jou skuld (insluitend lenings en rekeninge). Dit wys jou kontakbeso­nderhede en hoe getrou jy terugbetal­ings doen. Dit lys alle rekeninge op jou naam, paaiemente wat jy dalk gemis het, hofbevele teen jou en elke sent wat jy aan krediteure skuld. Die diens kan so min as R30 kos vir ’n eenmalige analise en daar is nog opsies beskikbaar.

What’s My Credit is ’n Media24-ondernemin­g en word deur Compuscan ondersteun. Dit resorteer onder die Ombudsman vir Kredietinl­igting en gebruikers kan hulle op die ombudsman se kantoor beroep deur 0861 662 837 te bel of ’n e-pos te stuur aan ombud@creditombu­d.org.za. Besoek www.whatsmycre­dit.co.za, klik op“Get your report now”en dan weer op“Register”en kry vandag nog hulp..

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa