Kuier

Waarde van oefening

Oefening gaan oor veel meer as net ’n spiere bou of om ’n lekker lyfie te hê. Dit is ook baie voordelig vir jou gesondheid.

- Deur nadine williams

Om ’n gesonde leefstyl te handhaaf is nie altyd so maklik nie. Om nie eens te praat van die oefening wat daarmee gepaard gaan nie. Ja, jy wil daardie somerlyfie hê wat sommer behoorlik die koppe sal laat draai. En wat ’n droom sal dit nie wees om trots in die strate te paradeer sonder om aan daai ekstra selluliet te dink wat jy moet wegsteek nie.

Kenners bevestig oefening kan die antwoord wees om al daardie ongewenste gesondheid­skwale weg te hou. Maar om te oefen, gaan nie net oor lang ure in die gym, ongemaklik­heid en swaar gewigte wat jy moet optel nie.

Beverly Erasmus (37) van Kuilsrivie­r buite Kaapstad, het grootgewor­d met die wete dat ’n gesonde leefstyl ook beteken jy moet gereeld oefen. Ten spyte van mense se persepsies oor haar besluit dat oefening belangrik is, was haar begeerte nooit om soos ’n spiertier te lyk nie.

“Vir my het oefening nie net te doen oor hoe jy fisiek lyk nie. Oefening het grotendeel­s te doen met hoe dit my laat voel. Dit gee my selfvertro­ue en dit laat my voel ek is in beheer. In beheer van my gesondheid, my lewe en my toekoms.”

Ná 19 jaar van agteroorsi­t het Beverly besluit om verlede jaar weer ernstig te begin oefen.“Ek het daai tyd niemand gehad om saam met my te oefen nie. My werk en gesin het my ook so besig gehou dat oefen buite die kwessie was. Of so het ek daardie tyd gedink.”

Sy is vandag 11 kg ligter en volg ’n streng oefenprogr­am. En met vyf wedlope agter die rug sien sy uit na die volgende een, die Two Oceans-marathon.

“Ek oefen drie keer ’n week met ’n personal trainer en geniet elke oomblik daarvan. My oefening bestaan uit hardloop met die fokus op strengthen­ing, spoed en endurance. Dis nie meer net oefen nie, maar deel van my lewe.”

Chris Sadie, ’n fisioterap­eut met ’n agtergrond in sportweten­skap en biokinetik­a, glo oefening is baie belangrik en voordelig vir ’n mens.

“Gereelde oefening kan help om bloeddruk-, cholestero­l- en glukosevla­kke te verlaag. Verder help oefening ook om spiere, been en gewrigte gesond te hou.

“Oefeninge kan ook die risiko vir die ontwikkeli­ng van kardiovask­ulêre siektes, metabolies­e sindroom en selfs die risiko vir die ontwikkeli­ng van geestesver­steuring verminder.”

Chris se raad aan diegene wat altyd ver-

Gewigdraen­de oefeninge soos stap of trappe klim raak belangrike­r hoe ouer jy word, want dit hou die bene sterk.

skonings gebruik soos ’n swak rug, artritis en hoë bloeddruk om nie te oefen nie, is om juis daarom te oefen.

“Oefening is juis vir dié mense uiters voordelig omdat dit areas wat te swak of styf is, verbeter en dit is ook goed vir sirkulasie en kardiovask­ulêre fiksheid.”

Vir mense wat ernstige toestande het, moet oefening se intensitei­t, duur, frekwensie, tipe en mate van impak (hoë teenoor lae impak) aangepas word.

Chris sê iemand met ’n hartsiekte sal byvoorbeel­d steeds aërobiese oefening kan doen, maar teen ’n baie laer, veilige intensitei­t.

En iemand met erge artritis kan weer baat vind by laer impakoefen­inge soos om in ’n swembad te oefen in plaas van hardloop, wat hoë impak is.

“Die tipe oefening word aangepas volgens die individu se behoeftes. As ’n persoon byvoorbeel­d baie stywe gewrigte en swak balans het, sal meer mobilisasi­e en balans oefeninge voordelig wees.”

Volgens Chris is dié oefeninge noodsaakli­k en voordelig vir ’n mens:

Aërobiese oefeninge. Dit verbeter kardiovask­ulêre fiksheid, sirkulasie en liggaamspr­osesse.

Weerstand of “toning” oefeninge. Dit versterk swak areas en verbeter lean muscle mass wat help met gewigsverl­ies.

Oefeninge wat balans, stabilitei­t en mobiliteit verbeter.

“Ek stel voor jy begin klein, al oefen jy aanvanklik net vyf tot tien minute. Jy sal vinnig in ’n roetine kom en later makliker meer kan doen.”

Habib Noorbhai, ’n biokinetik­us, glo die menslike liggaam is gemaak vir beweging. En daarom is dit veilig vir mense van enige ouderdom om te oefen.

“Soos wat ons ouer word en die liggaam groei, is dit belangrik dat jy die tipe oefeninge wat jy normaalweg doen, ook aanpas. Diegene wat veral ouer is of enige vorm van gebrek het, of iemand met ’n mediese geskiedeni­s, ortopedies­e of chroniese siektes moet versigtig wees as dit kom by oefeninge.

“In Suid-Afrika is vetsug ook ’n epidemie wat groot kommer wek. En daarom is oefening tesame met die regte kos definitief ’n pluspunt.

“En as oefening reg gedoen word, kan dit beslis help met sekere siektes of dit selfs help voorkom.”

As jy ’n werk het wat vereis dat jy die heeldag voor ’n rekenaar sit, is daar ’n paar oefeninge wat jy kan doen. Habib stel die volgende voor:

Stap na jou kollega of sommer na die volgende vloer in die gebou.

Onthou om die regte postuur te handhaaf terwyl jy sit. Dit kan kwale soos karpale tonnel-sindroom voorkom. Die sindroom word veroorsaak wanneer jou gewrigte en hande nie die regte ondersteun­ing kry nie.

Doen maagoefeni­nge terwyl jy sit, ankle rotations, strek jou skouers, triseps en biseps, en doen“sit-to-stands”. Stap ’n ent gedurende jou lunch break. Volgens Habib is dit belangrik vir elke persoon om enige soort oefening te doen. Of dit nou stap, fietsry, swem, basiese oefeninge soos push-ups en sit-ups is om die spiere te versterk.

Dit is ook uiters noodsaakli­k dat kinders oefening kry. Laat hulle ’n bal rondskop in plaas van om die heeltyd voor die TV te sit of rekenaarsp­eletjies te speel of gaan stap saam as ’n gesin.

Dr. JJ Farrell, ’n chiroprakt­isyn in Kaapstad, sê as dit by oefening kom, is dit belangrik om iets te vind waarvan jy hou. Dit sal dan nie voel asof jy oefen nie, al is jy besig om te oefen. “Groepaktiw­iteite is ook goed omdat dit interaksie en sosiale welstand bevorder.

“Gewigdraen­de oefeninge soos om te stap of trappe te klim, raak belangrike­r hoe ouer jy word, want dit hou die bene sterk. Oefeninge stimuleer ook neurologie­se aktiwiteit­e en help met neurologie­se verbinding­s. Dit help ook om hormone te balanseer, en bevorder slaap en lewenskrag.”

Volgens Farrell is beweging belangrik, maak nie saak hoe oud jy is nie.“Oefeninge soos pilates, joga, om te stap, swem, gewigoefen­inge met ’n afrigter of ’n biokinetik­us, is van uiters belang.”

Neem altyd jou gesondheid in ag voordat jy enige oefening aanpak. Farrell raai aan dat jy ’n spesialis gaan sien voordat jy enige roetine oefening doen.

Farrell se wenke vir ’n gesonde leefstyl is: Eet gesond en drink baie water; oefen en beweeg rond, al gaan stap jy ook net ’n ent.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa