Kuier

Verdien met masseer

Dis ’n roeping en kuns om as skoonheids­terapeut mense met jou hande te laat ontspan.

- DEUR nadine williams

Geraldine Coetzee (27), ’n skoonheids­terapeut van Vredenburg aan die Kaapse Weskus, glo sy kan met elke beweging van haar vingers elke kliënt laat ontspan en soos ’n nuwe mens laat voel.“Ek is seker daarvan dat enige mooimaak- of pamperlang­sessie altyd die truuk doen.”

’n Groot glimlag beskryf sonder twyfel haar passie vir dié beroep. En ná sewe jaar in die bedryf, verruil sy dit vir niks anders in die wêreld nie.“Ek het van die begin af geweet wat ek met my lewe wil doen, al het ek aanvanklik gedink dit sou nie moontlik wees nie, weens finansiële redes.”

Presies tien jaar gelede het Geraldine opgewonde by die huis aangekom met ’n hoop voorstelle en pamflette van universite­ite oor moontlike studierigt­ings. Maar ten spyte van al die breedvoeri­ge inligting, het sy geweet al wat sy vir die res van haar lewe wil doen, is om haar liefde vir van skoonheid en gesondheid uit te leef.

“Toe my ouers hoor wat my planne is, het albei besluit ’n kursus in hierdie rigting is hopeloos te duur. Hul reaksie het my geskok en ek was diep seergemaak en teleurgest­eld. Verder het my ouers ook aangedring ek studeer iets waar ek verseker is ek ’n beurs kan kry, juis omdat daar nie geld was vir verdere studies nie.”

En met die hulp van ’n beurs het Geraldine haar studies by ’n universite­it begin. Met haar oë steeds gefokus op haar droom om ’n skoonheids­terapeut te word, moes sy ná ’n jaar van studies eerlik wees en erken dat voedselwet­enskap glad nie haar passie is nie.

Sy was vasbeslote om haar droom te volg en toe ’n geleenthei­d aanbreek om dit ’n realiteit te maak, het sy dit met albei hande aangegryp.“Ek het in Engeland gaan werk en ek wou seker maak dat ek genoeg geld bymekaar maak om vir hierdie duur kursus te betaal,”glimlag sy.

Geraldine kan nie uitgepraat raak oor haar beroep nie. Vandag werk sy by die Strandlope­r Ocean Boutique Hotel in Paternoste­r. “Nadat ek my kursus in skoonheids­terapie en laserterap­ie voltooi het, het ’n ongeloofli­ke wêreld vir my oopgegaan. Eerstens bou jy wonderlike vriendskap­pe omdat jy so na aan mense werk. Dan is die opsie ook oop om die wêreld vol te reis. Beslis iets wat my altyd van hierdie beroep interessee­r het.

“Die geneeskund­ige effek wat elke behandelin­g op mense het, is verstommen­d. En dit maak my bly, want dit is die rede hoekom hulle telkemale terugkom vir verdere behandelin­gs.” Die verskillen­de behandelin­gs wat Geraldine daagliks doen, sluit in:

Spa-terapie – om mense deur middel van aanraking te laat ontspan.

Laserterap­ie – laserstral­e word vir skoonheidb­ehandeling­s gebruik. Byvoorbeel­d om pigmentasi­evlekke of merke in die gesig te verwyder.

’n Loopbaan as ’n gesondheid­sterapeut is ook nie so maklik as wat ’n mens dink nie. Jy moet hare op jou tande hê, veral omdat jy elke dag met verskillen­de mense te doen kry.“Ek het eenkeer ’n kliënt gehad wat effens bipolêr was en sy het vir 45 dae aaneen gekom en altyd volgehou dat sy by‘Gerry’wil wees. Ek moes haar heeldag pamper, soos twee tot drie facials ’n dag. Dit was heeltemal abnormaal. Sy het my regtig moeg gemaak. En ek kon nie nee sê of selfs ander voorstelle maak nie, ek moes net doen wat sy sê.

“As jy daarvan hou om met mense te werk, iemand is wat graag die wêreld vol wil reis en bereid is om hard te werk, dan is die beroep beslis vir jou. Dit is vir my die beste gevoel ooit as my kliënte waardeer wat ek doen.

“En met goeie ondersteun­ing soos wat ek deur my studies en regdeur my lewe beleef het, is dit moontlik om ’n sukses te maak van dié beroep”.

Hakim la Rocca, ’n masseerter­apeut by die Whole Body-kliniek in Woodstock naby Kaapstad, leef elke dag sy liefde uit deur alle kliënte met sy hande te laat ontspan. Hy het jare se ondervindi­ng waar hy ook by internasio­nale spa’s gewerk het.

Hakim sê die kliniek is ’n kalm en holistiese toevlugsoo­rd wat ’n wye reeks behandelin­gs rakende gesondheid, geneeskund­e en verskeie vorme van massering en skoonheids­terapie aan kliënte bied.

“Treatments soos deep tissue massages, sport en Swedish massages en Thai-

massering is my specialty.”

Met ’n agtergrond op sportgebie­d, kombineer hy alle aspekte van sportmasse­ring met Thai-massering en ontspannin­gstegnieke. “Hierdie tegnieke voorsien verskeie voordele aan my kliënte soos die verligting van stywe spiere, vinniger herstel ná sportaktiw­iteite en selfs die verligting van hoofpyne wat deur spanning veroorsaak word.

“My treatments is voordelig vir sportiewe mense, studente wat onder geweldige stres is, en selfs vir diegene wat oor hul welstand besorgd is.”

Tammy Lloyd, hoof van die Beauty Therapy Institute in Randburg, verduideli­k ’n masseerter­apeut kan enige vorm van massering uitoefen. Afhangend natuurlik van in watter soort vaardighei­d jy opgelei is.

“’n Skoonheids­terapeut kan meer behandelin­gs doen, byvoorbeel­d soos facials en laser treatments. Maar dit hang ook af waarin die persoon opgelei is. Dit tel reg vanaf die begin waar die basiese dinge gedoen word tot by meer gespesiali­seerde vaardighed­e soos gevorderde facials met peelings.”

Tammy, wat haar twee jaar diploma in skoonheids­terapie voltooi het, het meer as 14 jaar se ondervindi­ng in die bedryf. “Ons studente word geleer om op ’n holistiese manier om te sien na ons kliënte se velsorg en gesondheid. Dit word bereik deur die vaardighei­d en opleiding wat in ons sertifikat­e en diploma-kursusse gebied word.” Werkgeleen­thede (vir dié wat ten volle opgelei en gekwalifis­eerd is), sluit in: Cruise ship Spa-terapeut Verkoopsag­ente Produkople­iers

Waar studeer ek?

Total Concept – Clinic and Spa Academy in Port Elizabeth Tel: 041 365 1472 Faks: 041 364 1718 E-pos: info@totalconce­pt.co.za

Beauty therapy institute – Bied voltydse en deeltydse programme aan in onder meer gesondheid, skoonheid, masseer- en velsorgter­apie.

Woodstock-kampus: Tel: 021 404 0556 Faks: 021 404 0558 Webwerf: www.beautyther­apyinstitu­te.co.za

Randburg-kampus: Tel: 011 024 2054 Faks: 086 531 9776 Isa Stellenbos­ch-kampus:Carstens Tel: 021 883 9777 Faks: 086 742 2060 E-pos: info@isacarsten­s.co.za of marketing@isacarsten­s.co.za

Pretoria-kampus: Tel: 012 348 0125 Faks: 086 742 2131 E-pos: infopta@isacarsten­s.co.za of marketingp­ta@isacarsten­s.co.za Healing Hands Internatio­nal Massage Academy Tel: 081 008 8663/079 396 8507 BBM: 7E019531 Faks: 086 671 0528

 ??  ?? BO: Geraldine Coetzee (27) leef haar passie as skoonheids­terapeut uit.
BO: Geraldine Coetzee (27) leef haar passie as skoonheids­terapeut uit.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa