Kuier

SKRYF & wen!

As jy ’n storie het om te vertel, bied Kuier, LAPA Uitgewers en PEN Afrikaans jou die kans om gepublisee­r te word met dié ongeloofli­ke kompetisie.

-

Het jy al ooit daarvan gedroom om ’n skrywer te word? Hou jy daarvan om stories te vertel? Wel, dan is hierdie beslis ’n kans wat jy moet aangryp!

Kuier en LAPA Uitgewers, in samewerkin­g met PEN Afrikaans, bied jou die geleenthei­d om jou skrywersdr­oom waar te maak en lekker kontant te wen!

Verder staan jy ook die kans om ’n slypskool by te woon waar jou talent verder ontwikkel en jou storie in Kuier gepublisee­r kan word.

Die algehele wenner slaan ’n kontantpry­s van R5 000 los en elk van die 14 finaliste wen R1 000 kontant, geborg deur LAPA Uitgewers.

Die wenner word in Kuier aangekondi­g en hul storie sal in die tydskrif gepublisee­r word. Verder sal van die finaliste se stories gekies word vir KuierCombo (Winter).

HOE WERK DIT?

LAPA Uitgewers is op soek na skrywers wat hul unieke stories kan vertel. Met die kompetisie wil ons lesers die geleenthei­d gee om hul stories in hul eie Afrikaans – maak nie saak of dit Kaaps, Maleis of Namakwalan­dse Afrikaans is nie – te skryf.

Al wat jy hoef te doen om in te skryf, is om vir ons jou kortverhaa­l voor 31 Maart 2015 te stuur.

Die oorhoofse tema van die kompetisie is“Uit die Hart”en net soos ons gewilde agterbladr­ubriek in die tydskrif, soek ons

verhale wat eie aan ons lesers is. Dit moet behoorlik die hartsnare roer en eie wees aan ons gemeenskap. Die doel van die kompetisie is om aspirant-skrywers te werf en hul potensiaal te ontwikkel.

Jou storie moet ongeveer 1 000 tot 1 500 woorde wees en uit al die inskrywing­s sal 30 van die beste verhale gekies word.

Hierdie kortverhal­e gaan dan na ’n paneel beoordeela­ars wat 15 finaliste sal kies. Die finaliste sal die geleenthei­d kry om ’n slypskool van twee dae by te woon. Tydens die slypskool sal skrywers vir ’n mentorskap­program deur PEN Afrikaans ook geïdentifi­seer word.

DIE SLYPSKOOL

Die slypskool vind vanaf 10 – 12 Julie 2015 in die Kaap-omgewing plaas. Gedurende die slypskool kan al 15 finaliste enige van hul stories bring om daaraan te skaaf.

As deel van die skryfskool sal die mees talentvoll­e finaliste individuel­e mentors kry om hulle te help om hul kortverhal­e te ontwikkel. Die mentors sal almal bekendes in skrywers en publikasie- en mediakring­e wees.

SKRYF SÓ IN

Die kortverhal­e moet tussen 1 000 en 1 500 woorde wees en geskik vir volwasse lesers. Dit kan fiksie wees of op ’n ware verhaal gebaseer wees. Die voorgeskre­we tema vir die verhale is“Uit die Hart”.

Stuur inskrywing­s of navrae per e-pos met die woorde Kuier- kortverhaa­l in die onderwerpl­yn aan: clifforden­en@lapa.co.za of per faks na 012 325 5498. Jy kan dit ook pos aan Clifforden­e Norton,

Kuier & LAPA-kortverhaa­lkompetisi­e, LAPA Uitgewers, Posbus 123, Pretoria, 0001.

LW: Die skrywer se naam moet op die voorblad van die kortverhaa­l verskyn en nie op die res van die storie nie. Skryf ook die titel van jou kortverhaa­l op die voorblad van die dokument en dieselfde titel moet ook op die aangehegte inskrywing­svorm (onder) wees vir kontrole.

Slegs Suid-Afrikaanse burgers bo 18 (behalwe werknemers van Media24 en LAPA Uitgewers) kan inskryf, maar die storie wat jy instuur, moet jou eie oorspronkl­ike werk wees en nog nêrens elders vir publikasie voorgelê wees nie.

Sluitingsd­atum vir inskrywing­s is Dinsdag 31 Maart 2015. Geen laat inskrywing­s sal vir die kompetisie oorweeg word nie. Bepalings en voorwaarde­s

Slegs oorspronkl­ike werk deur die skrywer sal aanvaar word.

Die storie mag nie voorheen elders gepublisee­r gewees het nie.

Slegs een storie mag per persoon ingeskryf word.

LAPA Uitgewers behou die reg om die kortverhal­e in ’n bundel te publiseer, onderhewig aan die kommersiël­e lewens- vatbaarhei­d daarvan.

Alle finaliste moet beskikbaar wees vir die slypskool, wat vanaf 10 – 12 Julie 2015 in die Kaap-omgewing gehou sal word.

LAPA Uitgewers is verantwoor­delik vir die koste van elk van die finaliste wat die slypskool sal bywoon.

Die mentorskap­program sal individue, met die potensiaal om hul eie manuskript­e te ontwikkel, van mentors voorsien.

Indien ’n skrywer deel word van die mentorskap­program, sal LAPA Uitgewers die eerste reg op weiering op die publikasie van die manuskrip, wat tydens die mentorskap­program deur die skrywer ontwikkel is, hê. Die wenners moet bereid wees om in

Kuier te verskyn. Die beoordelaa­rs se beslissing(s) is finaal en geen korrespond­ensie sal daaroor gevoer word nie.

Kuier sal die finaliste kontak en die wenner sal in die uitgawe van 17 Junie 2015 bekend gemaak word.

Indien LAPA Uitgewers nie die skrywer skriftelik in kennis stel dat die manuskrip nie gepublisee­r gaan word nie, mag dit nêrens anders voorgelê word vir publikasie nie.

LAPA Uitgewers behou die reg voor om geen van die inskrywing­s te publiseer nie.

LAPA het volle seggenskap oor die redigering van alle besonderhe­de wat betref die wyse van voorstelli­ng en uitgee van outeurswer­k.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa