Kuier

Vertel vir Antie Val

Sukkel jy met jou sekslewe? Hier is raad.

-

VVOEL SOOS HOND

Ek is 20 jaar getroud en wil weet wat veroorsaak dat ’n vrou se vagina somtyds toe of oop is. Het dit iets met my hormone te doen? Ek voel soos ’n hond, want wanneer ons omgang het, wil my man weet hoekom dit so oop is en of ek sleg was met iemand anders? Hoe kan hy? Ek is dan net huis, werk, kerk en getrou aan hom en ons kinders. Help asseblief! ALTYD GETROU

A BESTE ALTYD GETROU

Ek is jammer dat jy dit moet deurmaak. Dit kan nie goed vir jou siel wees nie. Jou vagina is ’n spier en het oefening nodig. Dit kon wel gerek het nadat jy meer as een keer geboorte gegee het. Dit is veronderst­el om weer terug na normaal te keer, maar baie vroue kla dat dit wel ’n bietjie gerek het. Dit behoort nie jou sekslewe sleg te beïnvloed nie en jou man kan ook nie verwag dat jy jou hele lewe lank soos ’n maagd moet wees nie. Jy raak oud en jou spiere verswak. Probeer vaginale oefeninge. Elke keer as jy pee, stop dit en laat dit weer gaan. Doen die oefening dan ook enige tyd wanneer jy nie pee nie en herhaal soveel keer moontlik.

V ONSEKER OOR KINDERS

My kêrel het ’n baba van een jaar oud. Ek is baie lief vir hom en ook vir die baba, maar ek voel negatief om eendag my eie kinders te hê. Is dit selfsugtig van my?

SELFSUGTIG

A

BESTE SELFSUGTIG

Daar is vroue wat om verskeie redes nie kinders wil hê nie. Wat is die eintlike rede waarom jy so negatief voel? En hoe seker is jy dat jy nie kinders wil hê nie? Dalk sal jy ’n goeie ma wees eendag, maar jy sal mooi hieroor moet dink. En jy sal met jou ou hieroor moet praat, want dalk wil hy eendag kinders met jou hê. Julle moet indiepte hieroor gesels. ’n Mens weet nooit, dalk verander jou hart ná ’n paar jaar.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa