Kuier

Onhigiënie­s

-

VSUKKEL MET HIGIËNE

Ek en my ou kom al lank aan en ons dink aan trou. Alles gaan goed in ons verhouding en my familie hou ook van hom. Die enigste probleem is sy persoonlik­e higiëne wat my laat gril. Ek is baie netjies op myself en sal daarvan hou as hy ook meer moeite met homself maak. Ek soek nie ’n man wat moisturise en so nie, maar hy moet darem die basiese dinge doen. Hy lyk regtig ordentlik as ons uitgaan en sy klere is altyd reg, maar as hy eers uittrek dan wys die lelike goed soos sy lang toonnaels wat hy nooit knip nie en sy skurwe hakke. En dit ruik ook nie altyd te lekker op die private plekke nie, as antie weet wat ek bedoel. Ek kan ook nie met hom daaroor praat nie, want hy was op skool erg geboelie en nou is hy baie sensitief. Dit help ook nie om skimp te gooi of vir hom ’n naelstelle­tjie te gee vir sy verjaardag nie. Ek het dit al probeer, maar hy het dit nog nooit gebruik nie. Ek is lief vir hom, maar nie vir sy toonnaels nie. Help asb! MEISA

ALIEWE MEISA

Ek is baie bly dat ek nie in jou bootjie is nie, maar jy sal iets aan die saak moet doen. As jy dan nou al nie ’n gesprek met hom hieroor kan voer nie, dan sal jy dinge in jou eie hande moet neem. As jy ’n geldjie het, kan jy vir julle ’n couples pedicure sessie reël. Dit is dan jou gap om in te tree en dit ’n instelling te maak. Indien jy min in die sak het, kan jy dit self doen. Maak dit ’n romantiese sessie met kerse en olie. Leer gou op die internet hoe om dit self te doen. Begin deur hom met ’n borrelbad te bederf. Maak ’n groot ophef van hoe jy van lekkerruik­goed en lang bubble baths hou. Ek hoop jy kan deur middel van dié oefening jou ou se kop swaai. Ek hoop hy sal dit begin geniet en dit self in die toekoms voorstel. As niks help nie, is dit seker die beste om hom sit te maak en eerlik te wees sonder om hom seer te maak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa