Kuier

Skep moed vir 2015

Dis ’n nuwe jaar, maar jy sit met dieselfde ou probleme. Verander jou denkwyse en kry só moed en hoop. Maak seker 2015 is vir jou selfs beter as verlede jaar.

- DEUR ANDELINE WILLIAMS-PRETORIUS

Dis ’n nuwe jaar met ’n nuwe geleenthei­d om oor te begin en om seker te maak vanjaar is beter as verlede jaar. Indien jou Nuwejaarsv­oornemens vir 2014 sommer al teen einde Januarie verlede jaar skipbreuk gely het en daar niks van jou doelwitte gekom het nie, het jy nou ’n nuwe kans om oor te begin.

Baie mense is nie juis opgewonde oor die nuwe jaar nie. Gewoonlik omdat hulle steeds met dieselfde probleme worstel en nie noodwendin­g weet hoe om hul situasie te verander nie. Vir baie mense lyk vanjaar se uitdagings selfs groter.

Ongeag of jou kwessie finansieel van aard is, of jy of ’n geliefde ’n ernstige siekte onder lede het, kan jy steeds beplan om vanjaar ’n beter jaar te hê.

Indien jy graag gewig wil verloor nadat jy reeds ’n hele paar onsuksesvo­lle probeersla­e agter die rug het, hoef jy nie in sak en as te gaan sit nie. Met die regte beplanning, ’n goeie eet- en oefenprogr­am en selfdissip­line, is dit moontlik om sukses te behaal.

Kyk na jou situasie en na die dinge wat jy móét verander. Dalk moet jy besin oor jou finansies. Dalk moet jy iets doen om ’n ekstra inkomste te genereer.

En wat van daardie items wat jy gekoop het, maar nie regtig nodig gehad het nie? Wat van daardie klere wat steeds met die prysplakke­r aan in jou klerekas hang? Jy het dalk ’n hele paar items wat jy kan verkoop om ’n ekstra geldjie te maak.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa