Kuier

Verander jou sienswyse en kry bemoedigin­g

-

Wanneer jy uit die passasiers­itplek van jou lewe klim, agter die stuurwiel inklim en goed beplan, kan jy jou situasie verander. Doen dit só:

Om enige positiewe veranderin­g teweeg te bring, besef dat jou huidige situasie nie ideaal is nie en jy ’n beter lewe verdien.

Besin oor die doelwitte wat jy wil bereik. Wat kan jy inspan om dit te bereik? Skryf jou doelwitte neer asook ’n datum vir teen wanneer jy dit wil bereik.

Indien jy nie al die antwoorde het nie, raadpleeg iemand wat raad kan gee oor hoe jy jou doelwit kan bereik. ’n Kenner wat jou verantwoor­delik kan hou vir elke stap wat jy veronderst­el is om te gee, kan ’n baie groot en positiewe rol speel.

Indien die probleme van die ou jaar ontstaan het omdat jy met die verkeerde mense geassosiee­r het, stop dit. Jy het dalk ’n vriendin of familielid wat jou gereeld vertel hoekom jy nie jou doelwit kan bereik nie of nie eens moet probeer nie. Spandeer liewer tyd saam met mense wat jou positief aanmoedig.

Vir iemand anders is die situasie wat hulle in ’n spesifieke probleem gevange hou dalk die feit dat hulle in ’n verhouding is waar hulle mishandel en hul selfbeeld afgetakel word. Indien jy besef jy verdien om beter omstandigh­ede na te jaag en as jy jou situasie wil verander, raadpleeg ’n kenner wat jou kan help om jou selfbeeld te herstel. Die eerste stap is om uit die verhouding te kom waar jy mishandel word.

Praat met ’n berader en vind uit oor ’n plek van veiligheid waar jy tydelik kan woon, indien dit is wat jy benodig. Dalk is jy gelukkig genoeg om ’n familielid naby te hê by wie jy tydelik kan woon.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa