Kuier

Beplan vroegtydig

-

Indien jy met jou hande in die hare sit omdat jy nie weet of die nuwe jaar beter as verlede jaar gaan wees nie, onthou net jy kan verseker dat 2015 wél beter is.

Met goeie beplanning kan jy hierdie doel bereik. Dit sluit in om oor elke aspek van jou lewe te besin asook ’n plan te hê om te verseker dat jy ’n goeie balans tussen werk, familie, jou sosiale en kreatiewe lewe handhaaf.

’n Goeie manier om te verseker jy kry dit wat jy graag wil verander of verbeter, is om vir jouself ’n visuele droombord (vision board) te skep. Maak ’n paar ou tydskrifte bymekaar en knip prentjies uit wat dit wat jy gedurende die jaar wil bereik, simbolisee­r. Kry ’n groot stuk karton en plak jou prentjies, asook woorde wat dit wat jy wil bereik komplement­eer, hierop. Wanneer jy tevrede is met jou plakkaat, sit of plak dit waar jy dit elke dag sien.

Dít kan as wonderlike inspirasie dien. Op dié manier is jy ook voortduren­d bewus van hoe ver jy steeds het om te gaan om ’n spesifieke doelwit te bereik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa