Kuier

DAYS OF OUR LIVES

- WEEKDAE, SABC3, 17:00

Lexie gee vir Daniel (Shawn Chris

tian) die slegte nuus dat dit lyk of hy ’n mini-beroerte gehad het en sê daar is niks om sy bewerasies weg te neem nie. Daniel loop hom vas in Jennifer op die dorpsplein en deel die nuus met haar. Will probeer E.J. afpers deur geld te eis of hy gaan onthul dat hy met Sami geslaap het. Jack besef Jennifer gee steeds om vir Daniel en Victor wil vir Madison die baas van Titan maak. Bo en Hope besef die sleutel behoort aan ’n bankboks wat Alice onder haar nooiensvan uitgeneem het en van Grayson gehou het. Jennifer konfrontee­r Nicole oor die steel van Abe se sakeplan en Brady en John maak planne oor die hernuwing van Basic Black. OMNIBUS, SONDAE, SABC3, 00:30

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa