Kuier

Facebook

-

Liewe Kuier- mense, ek het ’n probleem. Ek is verslaaf aan Kuier. Ek het +/- 3 jaar se tydskrifte en ek kry dit nie oor my hart om daarvan ontslae te raak nie. Elkeen het sy doel, want daar is gedurig iets in ’n ou uitgawe wat ek nodig kry. Ek het ook nie meer pakplek nie. Het iemand raad vir my? CECELIA J. SCHEEPERS

Dankie vir julle vorige uitgawe (28 Januarie 2015), en veral vir die TV-gids wat julle teruggebri­ng het. Dankie ook vir die uitstekend­e resepte en alles wat ook in die uitgawe was. Mag God julle seën en julle al die begeertes van julle hart gee. Have a blessed 2015!

LORETTA MARCIA UYS

Oe, ek geniet Kuier vreeslik baie! Dis baie inspireren­d. Soms is ’n mens geneig om te dink jou probleme is groot, maar as ek Kuier kry en die mense se probleme en inspireren­de stories lees, laat dit my dink dat my probleme nie so groot is nie. Ons dien ’n lewende God wat elke dag vir ons ’n genade kans gee. Baie dankie Kuier vir jul mooi stories.

IVORISHIA TITUS

Ek wil net vir julle by Kuier dankie sê dat julle my die geleenthei­d gegee het om een van my drome te verwesenli­k! Ek en my vriendin Alida Maregele het op die Love Jazz Cruise gegaan. Baie, baie dankie Kuier!

LOUISE GANGER Ons het die volgende vraag op Facebook gevra: Wat doen jy as jy agterkom jou kind se maats is ’n slegte invloed? Hier is van ons lesers se antwoorde:

Moenie jou kind forseer om weg te bly van sulke maats nie, jy gaan hulle net opstandig hulle maak. Leer hulle eerder om

nie blind te staar vir hul maats se foute nie en maak hulle bewus van die beginsels waaronder hulle opgevoed is.

SAMANTHA ADONIS

My seun shift gou die maats, deur God se genade. Maar selfs die wat ’n slegte invloed is, makeer ook net liefde en aandag. Aan die einde van die dag is my kind, jou kind en jou kind, my kind. CATHARINA ANDREW

Somtyds wil ons ander die skuld gee, dan is dit jou kind self. Ek het drie seuns grootgemaa­k en hulle geleer om hul eie keuses te maak. GLENDA KROUKAMP

Ek het so ’n probleem gehad. My seun was in graad 5 en het die verkeerde vriende gehad. Ek het met hom daaroor gepraat, want sy skoolwerk het daaronder begin ly. Maar te danke aan my en my familie se gebede, het sy oë self oopgegaan. Hy het geslaag en is nou vanjaar in graad 6. Hy het gehuil van blydskap toe hy daai rapport oopmaak.

GAIL ERASMUS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa