Kuier

Wêreldbeke­r-koors

Krieketken­ner JOHNNY DAVIDS sê vir wie ons in die Wêreldbeke­r moet uitkyk.

-

Johnny Davids, Afrikaanse krieket- en rugbykomme­ntator by Supersport en ankeraanbi­eder van die krieketges­elsprogram BVP op kykNET, deel sy indrukke oor die opkomende Wêreldbeke­r-kriekettoe­rnooi en sê wie is van die voorste spelers wat ons moet dophou.

Top-kolwers

AB De Villiers (SA)

Abraham Benjamin de Villiers kon net sowel ’n kranige rugbyster gewees het, miljoene uit gholf verdien het of al verskeie groot Grand Slam-titels in tennistoer­nooie verower het, maar hoe dankbaar is SA en die Proteas nie om die wêreldgeha­lte sportman aan hulle kant te kan hê nie. ’n Afgeronde sportman wat tans die ganse krieketgem­eenskap aan die praat het, veral ná die uitstekend­e beurt onlangs teen die Wes-Indiese Eilande op die Wanderers in Johannesbu­rg, toe hy rekord ná rekord verbeter het; 149 lopies van net 44 balle. Tans die wêreld se voorste kolwer in eendagkrie­ket, spog hy met ’n treftempo (strike rate) van byna 100 en ’n fantasties­e gemiddelde van 52,39. Die SA-kaptein is die spilpunt waarom alles sal draai, want elke keer dat hy die kolfkampie betree en ’n goeie vertoning lewer, wen die Proteas gewoonlik meer wedstryde. Hy het die ver- moë om ’n situasie en kolfblaaie blitsvinni­g op te som, en daarby aan te pas.

SA is in Groep B geloot met Indië, Pakistan, Wes-Indiese Eilande, Zimbabwe, Ierland en die VAE. SA behoort in die eindstryd te speel.

Kumar Sangakkara (SL)

Ervaring speel altyd ’n belangrike rol in ’n groot toernooi soos die Wêreldbeke­r, en Sangakkara het tonne hiervan. Op die ouderdom van 37 jaar en reeds byna 400 internasio­nale eendagweds­tryde op sy kerfstok, gaan hy beslis ’n faktor wees. In 2011 en 2013 was hy die Internasio­nale Krieketraa­d (IKR) se Eendagspel­er van die Jaar. Sri Lanka kon net al een keer die Wêreldbeke­r verower (1996), en met Sangakkara se loopbaan wat na die einde se kant toe staan, sal hy baie gemotiveer­d wees om die beker vir sy span te help wen. Dis veral sy vertonings die afgelope 12 maande wat ’n mens laat glo dat hy boulers hoofbreken­s gaan besorg: 1256 lopies teen ’n gemiddeld van 46, wat vier 100-talle en agt 50-talle insluit. Sri Lanka is in Groep A geloot met Engeland, Australië, Bangladesj, Afghanista­n, Nieu-Seeland en Skotland. Sri Lanka behoort tot die halfeindst­ryd deur te dring, as alles volgens plan verloop.

Virat Kohli (IND)

Op 26-jarige ouderdom het hy al die wêreld se ervaring van meer as 150 eendagweds­tryde, wat terloops een-entwintig 100-talle en drie-en-dertig 50-talle insluit. Dié regterhand­se kolwer van Indië het ook ’n uitstekend­e treftempo van 90,38. Saam met Mahendra Singh Dhoni, sal hy een van die planmakers in die span wees, bloot oor die feit dat hy al die span aangevoer het. Glad nie op sy bek geval nie en sê gewoonlik sy sê in die media en op die veld, maar hy laat ook die kolf die meeste van die praatwerk doen. Indië is tans die huidige wêreldkamp­ioene, maar vaar gewoonlik nie te waffers buite die grense van hul land nie. Maar wee o wee, Virat Kohli kan dié stukkie statistiek baie vinnig verander. Indië kan tot die kwarteinds­tryd deurdring.

ShaneWatso­n (AUS)

Watson bring ’n kalmte in enige span waarin hy speel; hoekom? Ervaring van meer as 180 eendagweds­tryde. Ook die balans van die Australies­e span is beter wanneer Watson speel, want hy is een van die naatbouler­s en daarmee een van die wêreld se

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa