Kuier

SPIERTIER: ‘Fatty’ nou fiks ná hy meer as 50 kilo’s verloor

Moenie dat sy six-pack en spiere jou flous nie. Hy was eens ’n “vetsak” wat jare lank geterg was.

- DEUR nadine williams

Elroy Stober (40) van Somerset-Wes weet al te goed hoe seer mense se woorde kan maak. Vir jare moes hy sien hoe mense snaaks na hom kyk en kliphard lag. Hy moes ook baie vinnig leer om mense te ignoreer wanneer hulle vir hom lelike name soos“fatty”,“vetsak”en selfs “dikkes” skree.

Maar as jy nou na dié spiertier kyk, sou jy nooit sê dat hy ooit ongelukkig was oor hoe hy lyk of selfs te bang was om in die spieël te kyk nie.

Nadat Elroy meer as 50 kilo’s afgeskud het, geniet hy dit om elke dag deur sy passie as ’n fitness instructor mense aan te moedig en te inspireer. Hy glo as jy die regte ingesteldh­eid het, is enigiets moontlik, maar die pad na ’n gesonde leefstyl was nie altyd maklik nie.

Elroy het in ’n groot familie grootgewor­d waar hy nooit gevoel het hy is anders nie. “Almal in my familie is maar groot gebou, so toe ek skool toe gaan, kon ek nie verstaan hoekom my klasmaats snaaks na my gekyk het nie.”

Hoewel sy gewig hom in daardie stadium nie so erg gepla het nie, het hy soos hy ouer geword het, al hoe meer besef dit is nie normaal nie.

“Nes my hele familie was ek maar oorgewig. Omdat ek saam met agt ander mense in die huis grootgewor­d het, was ek nooit juis raakgesien nie. En omdat my familie so lief was vir kos, het ek juis dit gebruik as ’n manier om te escape en met al my insecuriti­es te cope. Min het ek geweet hoe meer ek eet, hoe meer gewig sit ek aan.”

toe kom die keerpunt

Tydens Elroy se hoërskoold­ae het hy sy hoogste gewig bereik.“Ek het 135 kg geweeg en ek onthou dat ek fisiek nie baie kon doen nie. Ek het begin om depressed te voel. En met ’n depressed mindset, het ek weer al hoe meer begin eet.”

Soos die kilogramme vermeerder het, hoe erger het dinge geword. In die middel

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa