Kuier

MY STORIE: Susters ontmoet mekaar vir die eerste keer ná meer as 30 jaar

Meer as drie dekades later het dié susters uiteindeli­k mekaar ontmoet en wat ’n heuglike hereniging was dit nie.

- DEUR JACKIE PIENAAR-BRINK

Soms aanvaar ons familie as vanselfspr­ekend – hulle ís net daar. Maar een gesin was nie so gelukkig nie. Hulle is vroeg uitmekaar geskeur en dit sou 33 lang jare neem voordat hulle weer herenig sou word.

Die twee susters het mekaar styf vasgedruk in die aankomssaa­l van Port Elizabeth se lughawe.

Lank, asof hulle mekaar nooit weer wou los nie. Die trane het vryelik gevloei. Ria van der Merwe (35) van eMalahleni (Witbank) en Mari Doubell (33) van Port Elizabeth wou elke oomblik van hul hereniging indrink, 33 jaar nadat hulle van mekaar geskei is.

Die susters het twee maande voor hul ontmoeting vir die eerste keer ná al daardie jare kontak gemaak. Trouens, Mari het in daardie stadium vir die eerste keer van die bestaan van haar suster bewus geword.

En al het hulle daarna selfoonfot­o’s uitgeruil en nou en dan oor die foon gepraat, was daar maar deurentyd die vrees dat alles te goed is om waar te wees. Die lewe het hulle albei immers al heelwat klappe toegedien. Maar dié keer het alles goed uitgewerk. “Weet jy, ek het nou ’n gerustheid in my hart. Nou wéét ek ek het ’n sussie. Dis bloed van my bloed. Ons het reeds ’n band gevorm,”het Ria ’n dag later gejubel.

Elk van die drie aande wat die susters danksy weldoeners saam in die Baai kon deurbring, het hulle tot in die vroeë oggendure gesels. Daar was so baie om in te haal.

Só weet Ria nou dat Mari onder gunstiger omstandigh­ede graag ’n veearts sou wou gewees het. En Mari weet dat Ria daarvan gedroom het om aktrise te word.

Hoewel daar steeds baie vrae is, en sommige nooit beantwoord gaan word nie, kon die susters begin om ’n legkaart van

hul lewe saam te stel.

Vroeë skeiding

Alles dui daarop dat hul ma (’n nooi Marais) 33 jaar gelede sonder hul pa se medewete en terwyl hy vir ’n paar dae elders gewerk

het, met haar

 ??  ?? HOOFFOTO: Die susters Ria van der Merwe en Mari Doubell is ná 33
jaar herenig. REGS BO: Hul eerste ontmoeting op die
luhghawe.
HOOFFOTO: Die susters Ria van der Merwe en Mari Doubell is ná 33 jaar herenig. REGS BO: Hul eerste ontmoeting op die luhghawe.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa