Kuier

GESONDHEID: Kry hulp vir die dinge wat jou lus blus

Dis veral dié tyd van die jaar dat die verwagting vir ’n lekker tyd tussen die lakens, groot is. Maar wat as jy en jou maat sukkel met kwale?

- DEUR Nadine Williams

Daar is niks wat so ’n groot demper op Valentysda­g kan plaas soos probleme in die slaapkamer nie. Maar in baie gevalle is dit gesondheid­skwale wat paartjies se lus kan blus.

Vir Rowena Cloete* (45) van Macassar naby Somerset-Wes, is Valentynsd­ag beslis iets waarna sy uitsien.“Ek en my ou is nou al 10 jaar lank saam en ons vier altyd Valentynsd­ag. Dit is mos maar ’n special dag.”

Maar daar is ’n effense huiwering en bekommerni­s in dié ma van twee se stem as sy praat van die aand wat vir haar voorlê, want die laaste ruk is die slaapkamer nie een van Rowena se gunsteling-onderwerpe om oor te praat nie.

“Moenie my verkeerd verstaan nie, ek en my ou geniet mekaar en ons sekslewe is nog baie aktief. Maar dit is net die afgelope tyd dat my probleempi­e veroorsaak dat dit nie meer so aangenaam is om intiem te verkeer nie.

“Ek ondervind deesdae dat ek baie nat is daar onder, veral tydens seks. Soveel so dat ek sorg dat ek ’n handdoek byderhand moet hou wanneer ons tussen die lakens doenig is.”

Die probleem laat Rowena minderwaar­dig en selfbewus voel.“Dit maak my moedeloos, want omdat ek so nat is, veroorsaak dit dat my partner se ereksie nie voluit is nie. Dit veroorsaak ook dat dit vir ons albei baie lank vat om ’n orgasme te kry. Ek raak so erg nat gedurende seks dat my ou pap raak terwyl ons nog besig is.

“Ek is baie lief vir my ou en daarom voel ek dit is belangrik om openlik oor sulke dinge te praat. En nou het ons saam ander maniere gevind om mekaar te bevredig.”

Dr. Helena Marais, wat in Bellville in die Kaap praktiseer, verduideli­k dit is normaal as die vagina nat is.“’n Vrou het mos maar gewoonlik vaginale afskeiding­s, maar as iemand oormatig nat is, kan dit dalk deur ’n infeksie veroorsaak word.

“In so ’n geval beveel ek aan sy gaan sien onmiddelli­k haar huisdokter. Haar dokter sal kan sê wat fout is of haar na iemand soos ’n ginekoloog verwys.”

Aan die ander kant, sê Marais, kan ’n vrou ook kla dat haar vagina weer te droog is of dat die opening te nou is.“Ek stel voor hulle wees geduldig, veral die man. En stimuleer die vrou dalk langer as gewoonlik.

“In sommige gevalle is dit weer dat die vagina by die opening toetrek, maar dit kan weer ’n ander oorsaak van ’n sielkundig­e probleem wees.”

In die geval van pyn in of buite die vagina tydens seks, is dit ook ’n simptoom van ’n infeksie.“As jy buikpyne het, kan dit wees dat jy dalk infeksie in jou buise het. Of daar kan dalk fout met jou eierstokke wees. Enige ander ongemak op die maag kan ook iets soos byvoorbeel­d hardlywigh­eid wees.”

In al hierdie gevalle is dit raadsaam om eerder dokter toe te gaan om die oorsaak en behandelin­g vas te stel.

SUKKEL MET EREKSIE

Katy Waggenaar* (40) van Kimberley het ná haar egskeiding weer liefde gevind. Sy beskryf haar verhouding van ses jaar as wonderlik, maar erken haar maat se erek-

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa