Kuier

LOOPBAAN: Vra raad by ’n seksterape­ut

As jy vrae of kwessies oor seks het, moenie vrees nie. Dis ’n seksterape­ut se werk om jou te help.

- DEUR nadine williams

Dit is vandag vreemd om te dink dat mense in die ou dae te bang was om die woord“seks”te sê, want deesdae word eksplisiet­e seksprogra­mme op al wat ’n TV-kanaal is, gewys. Én dit word as normaal beskou.

Hoewel mense steeds nie heeltemal so openlik daaroor praat nie, word seks deesdae glad nie meer beskou as ’n onderwerp wat taboe is nie.

Inteendeel, mense is baie meer bewus daarvan en só het die behoefte en die belangstel­ling om daaroor te praat tydens terapie, ook al hoe meer in ons land toegeneem.

Dís waar die werk van ’n seksterape­ut inkom.

Hulle help paartjies of individue met die probleme wat hulle tussen die lakens ervaar.

komplekse onderwerp

Vir Timothy Kieswetter (33) van Pretoria, het sy pad om ’n seksualite­itskenner te wees, by die Bybel begin.

“Ná skool het ek teologie studeer en nadat ek my pligte as ’n jeug-pastoor volgestaan het, het ek ook interkerkl­ik bedien.

“Ek het verlede jaar my meestersgr­aad in seksuologi­e aan die Akademie vir Seksuologi­e van Suid-Afrika voltooi. Ek is mal daaroor, want dit is juis ’n onderwerp wat so kompleks is, ’n onderwerp waaroor jonk en oud nie graag wil praat nie. So nou kry ek die geleenthei­d om hulle gerus te stel dat dit oukei is om oor seks te praat.”

Timothy weet al te goed dat jy in jou grootwordj­are geleer was om nie uit jou slaapkamer te praat nie.

“Maar ek het ondervind dat jy in hierdie geval dan soveel vrae het en dit voel vir jou asof jy die enigste een is wat met die probleem sit. Maar sodra jy hierdie las deel, besef jy dadelik jy is nie die enigste een nie. Maar dat daar iemand is wat dieselfde voel soos jy.

“Juis daarom het ek hierdie interessan­te skuif van die bediening na seksuologi­e gemaak, want ek is van mening dat daar ’n groot behoefte in die kerk en vir Christene is, want daar word nie van seks gepraat nie.

“As daar gepraat word, dan is dit in ’n negatiewe konteks. En die dag wat jy in die huwelik tree, voel jy steeds vuil as jy intiem moet verkeer.”

Mense het dikwels ook ’n verkeerde mening van gesonde seks.“Mense dink seks gebeur outomaties. Hoe verwag jy om goeie seks te hê? Dit kom nie vanself nie. Dit is wat ’n gesonde seksualite­it vir my beteken. Om tot by daardie punt te kom dat ons so maklik oor seks moet praat soos wat ons oor sport en selfs die weer sal praat.

“Seks is mooi. God het dit gemaak. Dit is opbouend. En as ons dit nie so beleef nie, dan is iets verkeerd. En dan is dit my werk om te gaan kyk na my kennis in seksuologi­e en dan ’n oplossing hiervoor te vind,”sê Timothy, wat self al elf jaar getroud is.

voel skuldig oor seks

Timothy ondervind die meeste mense wat hom kom sien, erken dat hulle as Christene skuldig voel om seks te hê en dan ook skaam is om daarmee te eksperimen­teer.

“Ek kry ook mense wat my meedeel dat hulle nie seks geniet nie, wat sukkel met ’n lae libido en selfs ook ’n lae seksdrang.”

Hy probeer deur die toepassing van verskillen­de metodes individue en paartjies help.

“Die eerste stap is om te kyk na al die taboes. Dinge soos jy mag nie aan jouself vat nie, jy mag nie seks geniet of jouself bevredig nie. Dan breek ons daardie mites af en ons kyk wat sê die Bybel in Hooglied oor seks.

“Dat seks nie vuil en lelik is nie, of dat jy sondig as jy seks beoefen nie. Maar dit moet natuurlik gedoen word binne die grense wat God daarvoor gestel het.”

Timothy kan nie genoeg die belangrikh­eid van gesonde seks in die omgewing en in die land beklemtoon nie.

“Omdat elke mens se seksualite­it uniek

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa