Kuier

Hallo Kuier-mense

-

Dis mos nou absoluut g’n pret om hierdie brief te skryf nie! Dis dan nou elke jaar se storie dat ek iewers iets moet gaan uitkrap om iets oor die liefde kwyt te raak vir ons Valentynsu­itgawe. En tot my groot spyt moet ek wééreens rapporteer dat ek nog steeds die ballade vir ’n enkeling sing.

Dis nou ampelik: Aan die verkeerde kant van veertig met ’n dol leë swart boekie, sit ek nou amptelik op die rak. Maar die hoop het darem nog nie beskaam nie en ek het absoluut geen planne om soos daai dol Amerikaans­e vrou met myself te staan en trou nie! Nee kyk, so desperaat of mal is ek ook nog nie!

So terwyl ek hier sit en stof vergader, lees ek maar alte lekker al die stories oor die liefde sodat ek slaggereed is wanneer my man der manne dan nou eendag sy opwagting gaan maak. Op dié manier wil ek sorg dat ek so ’n kenner is dat daar geen liedeskwaa­l is wat ons nie sal kan oorkom nie. Maar die liefdesbes­igheid is ook nie so maklik soos dit in die Mills

& Boons klink nie, hoor. Ek is heel bang nadat ek die Ware Lewensdram­a gelees het. Dis ’n verskrikli­ke storie en wys jou net hoe tragies dinge kan eindig wanneer die liefde verkeerd loop! Maar daar is darem ook lekker raad in al die verhouding­stories. En moenie die Kortverhaa­l mis nie!!

Ek hoop al die paartjies (én enkellopen­des) gaan hierdie spesiale uitgawe geniet. Ek het toe nogal baie geleer.

Tot volgende keer,

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa