Kuier

Facebook

-

Kuier, julle het julle weereens oortref met die uitgawe van 28 Januarie. My trane het geloop vir die stories “Finale Rusplek” en “Dubbele Seën”. Die ander stories is net so pragtig en inspireren­d. Baie dankie vir die lekker leesgenot.

RELANDI SEPTEMBER

Baie dankie Kuier vir die treffende ware lewensdram­a ( Verdraaide Liefde, 11 Februarie 2015), dit word waardeer. En dan ook vir die ander artikels (advies, seks, verhouding­s, ens.) asook lekker resepte. Ek gaan dit voorwaar probeer. Ek hoop net die uiteinde is ’n sukses. GERALDINE BURTON

Ek skep so moed in die storie “Plain se Pastoor” (28 Januarie 2015), want so baie keer laat God dinge in ’n mens se lewe toe. Hy wil ons net wakker skud om Hom in alles te dien, al gaan dit ook hoe in die lewe. Dit is iets wat ek gaan en wil doen. Come what may, I’m gonna praise Him in everything, good or bad. Dankie Kuier vir die storie. JC VAN NEEL

Baie geluk aan die 2015 Kuierbeurs­wenners, veral aan KayDene Alexander van Oklahoma Primêre Skool in Macassar. Van ’n trotse inwoner. ROMA BAILEY

Kuier, dankie vir ’n onvergeetl­ike geleenthei­d, die Sunset Concert by Kirstenbos­ch. Asemrowend­e natuurskoo­n, die gehoor en natuurlik die vermaak. Freshly Ground was die kersie op die koek! Dankie weereens.

VALMAY DAVIDS

Elke storie in elke Kuier laat my huil. Of dit nou ’n hartseer- of uitblinker­storie is, daar is trane van seer en trane van blydskap. Dankie Kuier vir ’n puik tydskrif. Ek weier dat enigiemand voor my my Kuier lees! MARYNA JOHANNES

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa